- Stel ‘n gebedsgroep saam uit vroue wat ‘n passie het vir ‘n vrouebediening.
- Bid vir leiers wat hulleself bereid verklaar om leiding te neem.
- Sodra daar leiers is, tree in gesprek met die kerkraad/leierskap van die gemeente en verkry hulle toestemming om die saak met die vrouelidmate te kommunikeer en hulle behoeftes te hoor.
- Doen ‘n behoeftebepaling onder die vroue. Maak gebruik van kort vraelyste, formele -, informele gesprekke en ander soos nodig.
- Raadpleeg ook die navorsingsresultate oor vroue se geestelike behoeftes wat in 2007 landswyd onder vrouelidmate gedoen is.
- Indien daar wel ‘n behoefte aan ‘n vrouebediening is, reël ‘n geleentheid met soveel vroue as moontlik waartydens ‘n doel vir die bediening geformuleer kan word.
- Hou altyd die volgende in gedagte: die gemeente se visie, die gemeenskap se profiel en behoeftes, en die vrouelidmate se profiel en behoeftes.
- Formuleer die visie duidelik en breek dit af na werkbare projekte, take, ens en formuleer dit vir ‘n vaste tydperk, bv 2 jaar ens.
- Herhaal na afloop van die tydperk weer dieselfde oefening om te verseker dat die bediening relevant bly.
- Raadpleeg die kantoor vir vrouelidmate
- Raadpleeg die reglement vir die Vrouebediening