{ARGIEF}

6. GEMEENTE: RIGLYNE OM VROUE SE BETROKKENHEID TE ORGANISEER

6.1       Leierskap

Die vrouelidmate van ‘n gemeente verkies ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaresse en soveel lede soos nodig om die leiding in die gemeente te neem.

6.2       Werkswyse

6.2.1 Elke gemeente bepaal hulle eie werkswyse.

6.2.2 Elke gemeente kan in oorleg met die kerkraad fondse insamel.

Die fondse moet onderwerp word aan goeie rekenkundige rekords en boekhouding, asook ouditering soos ooreengekom met die kerkraad.

6.2.3 Elke gemeente vul ‘n eenvoudige jaarverslag in wat deur die Kantoor vir Vrouelidmate voorsien word en maak drie afskrifte.  Een is vir die kerkraad, een vir die ringsvoorsitter en een vir die Kantoor.  Die oorspronklike word vir eie rekords behou.

RING: DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE OP RINGSGEBIED

7.1             Die leierskap

Die voorsitters (of aangewese verteenwoordiger) van elke gemeente verkies ‘n ringsvoorsitter vir die ring.  Hulle kan ook soveel lede soos wat hulle nodig vind, kies om leiding te neem.

‘n Ringsvoorsitter bly aan vir vier jaar en kan weer herkies word.  Goeie wisseling word aanbeveel.

7.2             Funksies

7.2.1 Die ringsvoorsitter tree op as skakelpersoon in die ring: behou kontak met ringsgemeentes, gee leiding waar nodig, skakel met sinodale kantoor.

7.2.2 Die ringsvoorsitter en leierskap reël jaarliks ‘n vroueverrykingsgeleentheid.

SINODE: DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE OP SINODALE GEBIED

8                SINODE: DIE SINODALE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE (SKV)

8.1             Die leierskap

8.1.1 Die voorsitter en ondervoorsitter word deur die afgevaardigdes by die Sinodale Byeenkoms gekies.

8.1.2 Die ringsvoorsitters.

8.1.3 Die uitvoerende beampte van die kantoor vir Vrouelidmate.

8.1.4 Die redaktrise van Interaksie.

8.2             Konstituering

8.2.1 Die Sinodale Kommissie vir Vrouelidmate konstitueer tydens die Sinodale Byeenkoms.

8.3             Funksies

8.3.1 Die Kommissie vergader verkieslik een keer per jaar.

8.3.2 Reël elke vier jaar ‘n Sinodale Byeenkoms.

8.3.3 Doen verslag aan die Sinode.

8.3.4 Hanteer en administreer fondse wat ingevolge die SKV se begroting beskikbaar is.

8.3.5 Benoem een verteenwoordiger in die Taakspan vir Vrouelidmate, van die Algemene Sinode.

8.3.6 Behou skakeling met sinodale kommissies en kerklike instansies.

8.3.7 Voorsien artikels vir Interaksie (kwartaalblad van Vrouebediening).

8.4             Die Uitvoerende Komitee (UK)

8.4.1          Samestelling

‘n voorsitter

‘n ondervoorsitter

die uitvoerende beampte van die kantoor

die redaktrise van Interaksie

‘n verteenwoordiger uit elk van die vyf streke van die sinodale gebied  (verkies deur SKV)

8.4.2 Vakatures in die UK word deur die UK aangevul.

8.4.3 Die voorsitter, ondervoorsitter en uitvoerende beampte vorm die dagbestuur om spoedeisende sake te hanteer.

8.4.4          Funksies

8.4.4.1 Die UK voer die opdragte van die Vrouekommissie uit.

8.4.4.2 Handel gedurende die jaar namens, en doen verslag tydens die jaarvergadering van die SKV.

8.4.4.3 Berei die agenda, jaarverslag en begroting voor vir die jaarvergadering en vir die Sinodale Byeenkoms.

8.4.4.4 Stel kantoorpersoneel aan volgens die Personeelreglement van die Sinode.

8.4.4.5 Hou kwartaalliks ‘n vergadering, indien nodig.

8.5             Finansies

8.5.1 Die verantwoordelikhede van die Kommissie, die administratiewe en ander uitgawes word deur die vrywillige bydraes van die vrouelidmate van die gemeentes gedra.  ‘n Behoorlike begroting word vir die doel opgestel.  Behoorlike boekhouding en ouditering in oorleg met die saakgelastigde word gedoen.

8.6             Die Sinodale Byeenkoms van vrouelidmate

8.6.1 Die Sinodale Byeenkoms word elke vier jaar gehou in die jaar waarin die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sy gewone sitting het.

8.6.2 Verblyfkoste van gemeentelike afgevaardigdes word deur elke gemeente gedra.

8.6.3 Die Sinodale Byeenkoms word soos volg saamgestel:

8.6.3.1 die uittredende SKV;

8.6.3.2 twee stemgeregtigde afgevaardigdes uit elke gemeente.

9.               WYSIGING VAN DIE REGLEMENT

Die wysiging van hierdie reglement geskied deur die Sinode op voordrag van, en in oorleg met die Kommissie vir Vrouelidmate.