{ARGIEF}

deur Madré Bruwer Straatwerk
APRIL interaksieLighuise, voetspore en skatkiste By Huis André van der Walt in Bellville was die 2015 tema van die Wêreldbiddag ook die Bahamas.
Met die Bahamas in jou kop was dit noodwendig so dat ons oor lighuise en hulle rol moes nadink. Met sy meer water as vasteland, het die Bahamas lighuise broodnodig.
Soos ek voor die pragtige groep vroue gestaan het, glo ek het die Here my hart aangeraak om beter te verstaan hoe broodnodig dit is dat juis hierdie groep vroue Lighuise is in die lewens van baie, maar beslis ook in die lewens van hulle families – hulle kinders en kleinkinders. Daarmee saam, dat hulle voetspore gevolg kan word, omdat hulle ‘n skatkis van kennis deur hulle lewens versamel het. En, nie omdat hulle volmaak is nie,
maar omdat hulle al so baie geLEWE en geleer het.
Wanneer hulle hulle lewens met ons deel, word hulle skatte ons s’n. Dis nou Kerk in aksie. Dis hoe dit moet wees: ons moet mekaar dien met dit waarmee ons Heer ons geseën het en met dit wat Hy ons geleer het en dit waartoe Hy ons roep. Ons Heer het inderdaad op die dag aan die waarheid dimensie gegee.
Met die uitstap, het elke vrou ‘n kaartjie met ‘n lighuis en voetspore gekry. So baie van die vroue se oë en ook woorde het my verseker dat hulle hul roeping verstaan en daartoe verbind is om aan te hou om dit te leef.
Ns. As daar van julle is wat ‘n lighuis wil wees vir vroue wat die lewenstyl van prostitusie wil verlaat, kontak ons gerus by Straatwerk – 021 930 8055. Jy sal verbaas wees oor hoe nodig sy die skatte in jou hart het.