{ARGIEF}

Êrens het iemand ‘n besluit geneem wat ingedruis het teen ‘n hele klomp van hierdie voorveronderstellings. Voorveronderstellings soos- dit is nie veilig in Soweto nie. Die gemeenskap van Soweto en die stoere Blou Bul ondersteuners sal nie lekker meng nie hier kom moeilikheid. Sowetose gemeenskap ondersteun togeintlik rugby nie- daar is soveel ander gemeenskappe wat baie graag die eidnstryd by hulle wil he. Dinge in die land is maar moeilik op hierdie staduim, die tyd is eenvoudig nie gereed hiervoor nie, dalk op ‘n later stadium, ens ens

So wat my interesseer is wat daar in die raadsaal gebeur het. Ek ken rade- in elk geval kerkrade en ek ken min of meer die retoriek om risiko’s so ver as moontlik te vermy. Hier het ons te make met ‘n ander soort leierskap wat bereid was om ‘n risiko te loop, ‘n baie groot risiko, omdat hulle visie gehad het en die potenisaal van ‘n groter prentjie raak gesien het. Die resultaat is verstommend en vir meeste verassend.

Wat my verder interesseer is dat die Blou Bul leiers van en op die veld nadat die besluit geneem is, net een deuntjie gehad- hierdie is ‘n geleentheid en ons gaan dit aangryp, kom mense ons gaan dit ‘n positiewe saak maak. Die bestuurder van die unie het dit gereeld gese, Fourie du Preez het dit gese, Matfield het dit oor en oor gese- nieand het eers op die ongerief of die moontlike probleme gefokus nie- in kort hulle het leierskap gegee en sodoende rugby, sport en ons Suid Afrikaanse gemeenskap onherroeplik verander. Wie van ons kan hierna nog se dat die swart en wit gemeenskappe van Suid Afrika op grondvlak eintlik nie met mekaar oor die weg wil kom nie!

Watter geleenheid sou nie verlore gewees het indien hulle dit nie aangegryp het nie en die wedstryd in Witbank gaan speel het? Dit is soos om ‘n Woensdagaand biduur te vergelyk met Mighty Men saamtrek!

So wat ek eintlik wonder is hoeveel geleenthede ons in gemeentes nie deur ons vingers laat glip omdat ons nie bereid is om risiko’s te loop nie. Omdat ons voorveronderstellings, wat terloops soos in hierdie geval dikwels verkeerd kan wees, ons blind maak vir die geleenthede wat hier reg vor ons gegee word?

…en ek wonder natuurlik hoe voel daardie ou wat die sms uitgestuur het oor waar in Soweto jy jou motor kan parkeer en waar jy die bus kan vang as jy na die wedstryd natuurlik gaan uitvind dat jou motor gesteel is?

…en natuurlik waaroor ons nog alles dit verkeerd het in hierdie wonderlike land van ons

…ja en hoe dit moontlik is dat ek so ‘n artikel kan skryf oor die Bulle?{jcomments on}