{ARGIEF}

Month: January 2010

DIE “WAARHEID” OOR “WAARDES”

Frederick Marais vertel in die boekie “Familie is ‘n Werkwoord”  hoe hy as jong predikant gedink het hy het ‘n roeping om gesinne te leer om weg te doen met die stelsel waar pa en ma die gesag is wat die besluite namens die gesin neem, en dit kinders se taak is om gehoorsaam te wees. In plek daarvan sou hy hulle leer om  as gesin ‘n deelnemende benadering te hê. Hy het gedink hy sou gesinne kon leer dat as pa, ma en kinders  saam besluite neem,  dit met hulle goed sal gaan. Vrugtelose gesprek ná vrugtelose gesprek het hom aan die dink gesit. Hy het agtergekom dat hy nie op die regte spoor was nie, maar waarin die antwoord lê, kon hy nie uitmaak nie. Op ‘n dag het die lig deurgebreek en hy het vir homself gesê: “Jou “stupid”!, die antwoord lê opgesluit in verhoudings. Waar daar gesonde verhoudings tussen ouers en kinders is, sal dit vir hulle moontlik wees om saam besluite te neem en sal dit moontlik wees om waardes te vestig. Dit bring ons weer waar ons verlede week afgesluit het: Die waarheid is dat jy nie jou kind of enigiemand anders op enige manier kan beïnvloed om op ‘n verantwoordelike manier sekere waardes te beoefen as julle nie ‘n positiewe verhouding het nie. Stephen Covey skryf in sy boek “7 Habits of Highly Effective Families” die volgende: “One of the biggest mistakes people make is trying to teach (or influence or warn or discipline) before they have the relationship to sustain it”.

As goeie verhoudings ‘n voorvereiste is vir die oordra van waardes, wat doen ons om daarby uit te kom? Die slegte nuus is dat daar nie ‘n kortpad is nie. Die goeie nuus is dat dit vir almal van ons is moontlik is. Bygesê, dit is harde werk. Dit sal boonop soms nodig wees dat ons van ou, gevestigde sienings afstand doen, om nuwe gesindhede en vaardighede te ontwikkel.

read more

Verder Geluister: Lukas 4:21-30

Vierde Sondag in Epifanie :  31 Januarie 2010 ~ Lukas 4:21-30 Jesus neem die wraakgedagtes van mense weg en dra die straf self (Lukas 4: 21 - 30) Dis nie ek wat hier help grawe nie. Dit is die hand van God, wat lief is vir die lewe - Jeanwell Antoine wat met sy kaal...

read more

Weldade wat inspireer en persepsies wysig

Twee goeie dade die afgelope week het sekerlik die oog getref. Een was die van die Wes-Kaapse premier, me. Hellen Zille wat R50.000 bewillig het vir die opsporing van 'n meisie wat al sewe jaar vernis is. Die ander goeie daad, was die van ene mnr. Rob Taylor, wat sy ...

read more

Maak heel ons vensters!

In die debat oor waardes is daar ongelukkig  een stem wat selde gehoor word, die stem van kinders en tieners en daar is dikwels ‘n  blinde kol  vir hul verrassend- skerp bydrae.

Ope brief aan die Minister van Onderwys, skoolhoofde en onderwysers:

Geagte Minister,  skoolhoofde en onderwysers

Ons weet dat dit onredelik is om van onderwysers te verwag om alles wat in die samelewing skeefloop reg te stel.  Ons weet ook dat skole nie die enigste plekke is waar waardes gevestig word nie en dat onderwysers nie die enigste persone is wat daarvoor verantwoordelik gehou kan word nie, maar julle speel ‘n baie belangrike rol.  Die kernwaardes wat ons dink in skole gevestig behoort te word, is,  omgee/medemenslikheid, eerlikheid/integriteit selfdissipline/ werksetiek,  respek en verantwoordelikheid.

Omgee. Ons wil graag beleef dat daar by die skool mense is wat vir ons omgee,  wat weet wie ons is en ons op ons name kan groet. Ons wil van geweet wees, al is ons nie die eerstespan se rugbykaptein of die slimste in die klas nie.  Ons weet dat julle vir ons omgee of nie uit die manier waarop julle ons behandel en manier waarop julle vir ons klasgee.  Julle gee om, wanneer julle ons as individue ken en ondersteun,  in ons belangstel en werk wat ons nie verstaan nie weer ‘n keer verduidelik, wanneer julle klasse interessant probeer maak, na ons luister en regverdig optree.  Me die minister, dit is vir onderwysers onmoontlik om verhoudings te bou en werklik om te gee, wanneer klasse te groot en die administratiewe werkslading van onderwysers te swaar is.

Maak asseblief ook die stukkende vensters, teels en krane reg, verf vuil mure en dakke en plant struike, want dit sê ook dat julle omgee.  “In die toilette sal ek krane sit en dit sal nie stink  of morsig wees nie” (Shameon Damin). Wanneer goed vuil en stukkend bly dan voel dit vir ons asof niemand omgee nie en dan gee ons ook later nie meer om nie.

Eerlikheid/ Integriteit

read more

Verder Geluister: Lukas 4:14-21

Derde Sondag in Epifanie : 24 Januarie 2010 ~ Lukas 4:14-21 “GODKNOWS CHUMA” – JESUS VERKLAAR DIE EVANGELIE VIR DIE EERSTE KEEREk gaan die tweede gedagte vir die vierde Sondag van 2010 ‘n bietjie anders benader en deur monde van ander, ons tot Jesus se roeping (Lukas...

read more

DIE VERBAND TUSSEN VERANTWOORDELIKHEID EN WAARDES

Ek is bly dat ‘n ouer vra waarom ons nie ook saamgesels oor waardes nie, terwyl gesprekke daaroor op die oomblik soveel aandag geniet. Hoe, wil die ouer weet, dra ons waardes aan ons kinders oor? Liewe ouer,  dis nie ‘n verskoning vir die versuim nie, maar moontlik is dit omdat waardes en die vestiging daarvan die basis van die POSPAR kursus vorm. Die hele kursus handel eintlik daaroor. Wonder u nog of u ‘n kursus wil bywoon?

Wanneer ouers aan die begin  van ‘n POSPAR kursus gevra word om aan te dui wat hulle vir hulle kinders begeer, kom hulle sonder uitsondering  daarby uit dat hulle hoop dat hulle kinders sal ontwikkel tot volwasse grootmense wat verantwoordelik is en positiewe waardes uitleef. Dit is nie ‘n nuwe versugting nie. In Dr Hain Ginott se boek “ Between Parent and Child” wat in 1956 verskyn het, skryf  hy reeds daaroor. Omdat dit vir ouers so belangrik is, begin ons vandag daaroor gesels.

read more

Waardes kweek verantwoordelikheid by kinders

Ek is bly dat ‘n ouer vra waarom ons nie ook saamgesels oor waardes nie, terwyl gesprekke daaroor op die oomblik soveel aandag geniet. Hoe, wil die ouer weet, dra ons waardes aan ons kinders oor? Liewe ouer,  dis nie ‘n verskoning vir die versuim nie, maar moontlik is dit omdat waardes en die vestiging daarvan die basis van die POSPAR kursus vorm. Die hele kursus handel eintlik daaroor. Wonder u nog of u ‘n kursus wil bywoon?

Wanneer ouers aan die begin  van ‘n POSPAR kursus gevra word om aan te dui wat hulle vir hulle kinders begeer, kom hulle sonder uitsondering  daarby uit dat hulle hoop dat hulle kinders sal ontwikkel tot volwasse grootmense wat verantwoordelik is en positiewe waardes uitleef. Dit is nie ‘n nuwe versugting nie. In Dr Hain Ginott se boek “ Between Parent and Child” wat in 1956 verskyn het, skryf  hy reeds daaroor. Omdat dit vir ouers so belangrik is, begin ons vandag daaroor gesels.

read more

Geloofsvorming 2010

Waar trek ons nou? Ons het verlede jaar begin met 'n Geloofsvormende reis vir Ds. Daar was 2 geleenthede wat bygewoon kon word. Altwee het gehandel oor Pete Scazzero se werk: Emotional healthy church en Emotional healthy spirituaity. Dit was vir ons Nb om hier te...

read more

Tweede Gedagtes: Johannes 2:1-11

Tweede Sondag in Epifanie 17 Januarie 2010 Douglas Lawrie se preekstudie oor hierdie teks is geskryf met ‘n goeie skoot tong in die kies, maar heerlik insiggewend en pittig.  Aan die een kant daag hy ons terreg uit om nie vir die eenvoud van die verhaal en skryfstyl...

read more

Dominees/Gemeenteleiers en Gebedsintegriteit?

In die begin van die jaar is ons so besig met beplanning en denke waar die gemeente en lidmate hierdie jaar ʼn verskil kan maak, dat ons as leiers/predikante maklik verby die essensiële kyk om aandag te gee aan ons eie geestelike versorging. Vanaf 16 jaar het Daniël...

read more