{ARGIEF}

Tweede Sondag in Epifanie

17 Januarie 2010

Douglas Lawrie se preekstudie oor hierdie teks is geskryf met ‘n goeie skoot tong in die kies, maar heerlik insiggewend en pittig.  Aan die een kant daag hy ons terreg uit om nie vir die eenvoud van die verhaal en skryfstyl van Johannes te veel te vereenvoudig nie, en aan die ander kant maak hy ons apmer bang om oor die teks te preek.

Hy waag dit om in sy preekvoorstel met ‘n persoonlike getuienis te begin oor hoe hy maaltye saam met vriende en familie beleef en hoe teenstrydige ervarings hiervan deel kan uitmaak van God se plan vir sy lewe.

S o ‘n paar los opmerkings in aansluiting by die teks en die preekstudie:

1.       Hierdie is die eerste Sondag van die jaar na die opening van die skole- so vir meeste gemeentes is dit ‘n baie vol en besige erediens. Heelwat mense sien mekaar vir die eerste keer in die nuwe jaar groet mekaar en op baie se gelaat is daar nog so ‘n bietjie tekens van die son en die see. Ek is seker hierdie konteks gaan bepalend wees hoedat die preek uiteindelik  vorm gaan kry.  Nie almal het die voorreg gehad om te rus in die vakansietyd nie- hier in die Boland is dit vir baie oes-tyd, maar wat ons met mekaar deel is dat dit vir almal die wegspring is in die nuwe jaar- kinders kry nuwe klasse, gaan na nuwe skole, sommige nuwe intrekkers is vir die eerste keer in die nuwe gemeente en begin met ‘n nuwe werk. Wat ook waar is, is dat ons byeen is omdat ons almal behoefte het aan gemeenskap- die gemeenskap van die gelowiges- waar ek eerlik mag wees oor my vrese en onsekerhede

 

2.       Hoe gaan die jaar uitwerk?  Almal sit so ‘n bietjie met ‘n knop op die maag oor watter uitdagings die nuwe jaar ons gaan bied. Ons dink onwillikeurig op hierdie dag aan die jaar wat voorlê- daar is in die teks die aansluitingspunt van die feesmaal as ‘n eskatologiese gebeure waaroor ek later meer sal sê. Daar word heelwat bespiegel oor die jaar wat voorlê ekonomies beter sal wees as 2009? Wie sal weet? Of die Wêreldbeker ‘n skuses sal wees, wie sal weet- die onlangse geweld in Angola toe die sokkerspan van Tongo aangeval is, herinner ons aan hoe kwesbaar ons almal is, en hoe maklik een onsinnige daad dinge lelik kan laat ontspoor. Na die aanval moet daar vinnig walgegooi word oor hoekom sulke voorvalle nie sal gebeur by die Wêreldbeker in Suid Afrika nie.  Selfs Time het ‘n vinnige kommentaar hieroor van Alex Perry hieroor http://www.time.com/time/world/article/0,8599,1952798,00.html maar met alles respek weet ons almal dat hierdie versekerings meer ‘n wens is as wat enige persoon dit kan waarborg.

 

Die broosheid van die lewe word onteenseglik bevestig deur ‘n storie op die  Burger se voorblad oor ‘n seun wat in Michells plein gaan  melk koop het- en aangeval is en beswyk het agv steekwonde.  Lees gerus hieroor by http://www.dieburger.com/Content/Tuisblad/1677/9b6e03ebfdce47fc9f2812499fdffece/11-01-2010-08-45/Seun_gaan_haal_melk,_word_keelaf-gesny

 

In hierdie week is die Matriek uitslae van 2009 bekend gemaak en oor die algemeen is daar groot  bekommernis dat die slaagsyfer gedaal het en daar word naarstigtelik gevra waar die fout lê.  In sommige skole het geen van die matriek kandidate geslaag nie- daar is duidelik groot fout met die onderwys in ons land!  Ons as gemeenskap faal ons kinders gruwelik- en ongelukkig is dit weer die armste kinders wat die swakste kans het om deur te kom! Jaques Keet in Mail en Gardian praat van ‘n wake-up call http://www.mg.co.za/article/2010-01-07-matric-results-a-wakeup-call-for-sa

Ja en dan is daar in die pers wyd gespekuleer oor die moontlikheid dat Eugene de Kock amnesie mag kry van pred Zuma as ‘n politieke skuif. Jan-Jan Joubert se terreg dat versoening nie so werk nie.

http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/JanJanJoubert/2383/dc724978a1d545298e4718a5b6e6eb4a/09-01-2010-05-00/Versoening_werk_nie_so_nie maar aan die ander kant is dit opvallend hoe daar in dieselfde uitgawe van Rapport moeite gedoen word om te distansieer van De Kock 

Almal van ons wat hoop op ‘n jaar van voorspoed- ja almal wat hoop- is in hulle hoop of as gevolg van hulle hoop broos en kwesbaar.

 

Wat sal ons laat hoop in ‘n wereld waar sokkerspelers en seuns-wat-gaan-melk-koop-onsinnig vermoor word?

 

Ek is seker elke prediker sal maklik uit eie konteks die lys van beommernisse oor die jaar wat voorle langer kon maak…

 

 

3.       Wie was Jesus regtig? - Francois WesselsAs ons Sondag bymekaar kom is ons ook deel van ‘n ander ritme, wat ‘n geheel ander konteks verteenwoordig- dit is die tweede Sondag van Epifanie is- iets wat min gemeentelede sal onthou maar waaraan hulle gerus herinner kan word- dit is die seisoen waarin ons nadink oor die wyse waarop God geopenbaar is- bekendgemaak is- in Jesus Christus toe Hy as mens op aarde gewoon en gewerk het. In hierdie seisoen is die vraag wat in ons tyd baie aktueel is- Wie is Jesus van Nasaret regtig. (Douglas verwys ook na die vraag in sy preekstudie)  Ek sou aanbeveel dat jy Francios Wessels se bekroonde boek:  Wie was Jesus regtig? Nadersleep in jou preekmaak.

4.       Dit is opvallend dat Jesus verkies om byna anoniem te bly- Homself beslis nie op die voorgond te plaas nie- Hy is beslis nie ‘n politiekus met ambisie besig om ‘n CV op te bou nie. Hy is daar –  en sal daar wees in die komende jaar maar ons sal moet dieper kyk om sy teenwoordigheid te onderskei- en dan sal ons nog altyd met onbeantwoorde vrae bly oor wie nou werklik die water in wyn verander het.

5.       Dalk die mees hoopgewende van hierdie epifanie van Christus se krag- is sy teenwoordigheid by die bruilof- in die alledaagsheid van die lewe-wanneer die wyn onverwags opraak ten spyte van die mees noukeurige voorbereidings. Hoe en waar en wanneer wee tons nie, maar ons kan met hierdie gegronde verwagting die jaar binnegaan- Christus is en sal teenwoordig wees in al die dae van die jaar.  Hoewel niemand van ons die jaar kan voorspel nie-kan ons met die verwagtig leef dat Christus teenwoordig sal wees- dalk wanneer ons dit die minste verwag.

Die belangrikste van die jaar is dalk nie dat ons planne sal uitloop soos wat ons daarop hoop nie, of die afwesigheid van telleurstellings nie. Christelike hoop is nie dieselfde as die afwesigheid van lyding of mislukking nie, maar gegrond in wie Jesus Christus werklik was- in die Kruis en die Opstanding. Ons hoop is nie gevestig op ‘n wens dat alles goed sal afloop nie, daarom hoef ons nie die werklikheid van die bose ook in ons te ontken nie- die aakligheid van die apartheidsverlede is tog ons almal se geskiednis en nie net die Eugene de Kock’s van die lewe alleen nie- maar ons kan dit alles in die oe kyk en hoopvol wees.