{ARGIEF}

Month: May 2011

Emosioneel intelligente ouer en kind

Emosionele intelligensie gee jou kind selfvertroue. 'n Emosionele intelligente kind is 'n kind met selfvertroue! 'n Kind wat 'n sukses van sy skoolloopbaan, sy verhoudinge en sy lewe sal maak! Dit is makliker as wat dit klink. Jy hoef geen opvoedkundige speelgoed te...

read more

Vyf redes waarom ek dink armoede konferensies werk nie

Ek baseer my mening op grond van ‘n die BADISA-armoedekonferensie wat in Kraaifontein in 2005 gehou was en ander groepbesprekings, my dekade lange betrokkenheid by arm gemeenskappe en doktorale navorsing wat op geloof en armoede gefokus het.

1. “Die armes het julle altyd by julle” – Jesus

Tydens een van die colloquium sessies wat die Kraaifontein konferensie vooraf gegaan het, was ‘n bekende professor in ekonomie en ‘n sakeman-predikant van die sprekers. Die voorheen benadeelde predikant het aandele in ‘n wynkelder en maak die opmerking “Die armes het julle altyd by julle”. Na die vergadering ry die professor in ‘n ou-geroeste bakkie en die predikant in ‘n nuwe Duitse spogmotor. Iets is fout as daar steeds in teologiese kringe toegelaat word dat Jesus se woorde uit konteks aangehaal en misbruik word. Die welvaart en sukses geloofspore lê diep, die regstellende aksie trek skeef en die soustrein snel voort.

read more

Verder geluister: Johannes 10

• Die agtergrond, naamlik “vigsherdenkingsondag” as ‘n internasionale geleentheid wat elke derde Sondag in Mei gevier word, is baie bepalend met die oog op die aktualisering van Johannes 10.

• In die preekstudie vir hierdie Sondag vind ons dat daar baie moeite gedoen is om die probleem van stigmatisering uit te wys. Ons lees daar dat stigmatisering dikwels met twee vorme verband hou:

read more

Die liefde is onverklaarbaar, maar so gewild

Die Britse koninklike troue het ‘n wêreldwye fees geword. Ek het min daarvan gesien, maar net weer besef hoe liefde ‘n blink in mense se oë bring.

Hoe die huwelik ‘n bymekaarbring, ‘n mens kan amper sê, die inmekaarweef van twee mense se eiesoortige geskiedenis, drome en kwaliteite tot ’n unieke verbintenis, is – wat by mekaargehou en gekenmerk word deur die liefde. Ek ken nie regtig iemand wat liefde kan ignoreer nie!

read more

Verder geluister: Psalm 116 – van dood na lewe

Paasfees is ‘n tyd wanneer ons feesvier. Ons vier die oorwinning van die dood oor die lewe. En, gedagtig aan Jesus se opstanding, vier ons ook die oorwinning van verlossing oor angs, en van deelname aan die lewe oor magteloosheid.

In die noordelike halfrond val Paastyd saam met die begin van die lente. Dis nie toevallig nie. Die vroeë Christene het ‘n oeroue fees oorgeneem waarop die begin van nuwe lewe gevier is, en dit met Paasfees laat saamval. Of, anders gestel, Christene het vroeg al begin om Paasfees te vier as ‘n fees wat ‘n nuwe begin simboliseer.

read more