Ons nuwe Facebook-bladsy is aanlyn! Word deel van ons Facebook-volgelinge: https://www.facebook.com/vroueweskaap
Interaksie – 2de kwartaal 2015
Teken in op INTERASKIE – Kontak Esther by die Kantoor vir Vrouelidmate. R50 per jaar vir 4 uitgawes – sluit posgeld in. 2de Kwartaal 2015 Interaksie Voorblad:
Dink jouself gelukkig
deur Pieter van Jaarsveld Ons het in die laaste uitgawe gekyk na die mites oor wat jou gelukkig maak. Nou gaan ons vir die volgende paar uitgawes kyk na wat maak mens gelukkig. Hierdie aktiwiteite waaroor ons gaan gesels, kom nie uit populêre vrouetydskrifte nie. Nee,...
Visbraai – 22 Februarie 2015
deur Yvonne Neethling Sondag, 22 Februarie 2015 was dit weer tyd vir Langebaangemeente se jaarlikse visbraai. Die gemeente kom met hulle piekniekmandjies, gelaai met eetgerei en iets te drinke, om saam te aanbid en te eet. 'n Paar geoefende manne braai 300 harders...
Vroue met Vlerke – Vrouedag
deur Yvonne Neethling Op Saterdag 9 Augustus 2014 het ons Vrouedag gevier. Die vrouediens het besluit om hierdie dag 'n spesiale poging aan te wend om die vroue van ons gemeente, asook die vroue van ons omgewing, saam te bring om in geloof versterk te word, mekaar te...
Vrouebegeleiding – Swellendam
deur Anika Badenhorst Met ‘n innige afhanklikheid en dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader is ons dames lekker besig. Februarie het ons afgeskop met “ek wil leef en liefhê Here”. Vroue is deur God geskape met die gawes van deernis, diens en meelewing. Daar is talle...
NG Gemeente Sonstraal: Mosaic en Botterlary Straal uit
deur Hester du Toit Bottelary-transformasie is een van die gemeente se projekte waar veral vrouens, maar ook mans 'n verskil maak. Die visie is 'n holistiese benadering van voed die gees, siel en liggaam. Sonstraal het 56 broodjiemakers wat beurtelings Sondagoggende...
NGK Parow
deur Anneke Groenewald Die Vrouediens van Parow se missie is om 'n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Verlede jaar het ons besluit om 'n snoesige winterkuier op 'n Saterdagoggend te hou. Groot was almal se verbasing om te sien hoeveel mense hierdie...
Durbanville-Bergsig se vrou kan woeker!!!
deur Alida Vorster Die Durbanville Plaasfees, het op 14 Maart 2015 op die Diemersdal wynlandgoed plaasgevind. Hierdie jaarlikse instelling is vir die agste keer aangebied en die vroue van Bergsig het voorwaar weer hul ywer vir hierdie groot projek gewys deur aan almal...
Wêreldbiddag Bonnievale
deur Lizl Oosthuizen Met die instap in die kerk het ons dadelik ‘n gevoel van vrolikheid en vakansie ervaar. Almal was vrolik en bont aangetrek met stringe blomme om die nek. Ons het die Bahamas besoek. In die voorportaal was aanloklike vrugteruikers en elke lidmaat...