{ARGIEF}

Artikel oor Gebed

Die kantoor vir Nuwe Gemeente-Ontwikkeling (GO) van die sinode van Wes- en Suid-Kaapland en die Skiereilandse Raad vir Kerklike Samewerking (SRKS) het einde 2007 deur middel van ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die NGK en VGK besluit om hul werksaamhede voortaan gesamentlik te hanteer.  Beide die VGK en NGK het by ʼn punt gekom, waar besef word dat die werk eintlik nie meer alleen en in bestaande vorme voortgesit kan word nie. Suid-Afrika is onherroeplik aan die verander en die kerk benodig dringend voertuie, wat hierdie werklikhede op bedienings vlak kan aanspreek. Terselfdertyd is daar bepaalde uitdagings, wat ons bedieningswyse aan `n nuwe geslag uitdaag. 

Wat is die GKS se KERNFOKUS

  • Om die Koninkryk van God te help uitbou.
  • Die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe, wat ons eenheid in Christus op konkrete wyse sal beliggaam.
  • Die vestiging van nuwe relevante geloofsgemeenskappe.
  • Die skep van ruimtes vir aanbidding, waar dit nie bestaan nie of gebrekkig is
  • Die herontwikkeling van ou kwynende geloofsgemeenskappe in nuwe dinamiese en volhoubare geloofsgemeenskappe binne die visie van GKS. 

Gebed is die belangrikste wapen vir Christene en vir ons werk as GKS. Gebed fokus in die eerste plek op God self: Wie Hy is, wat Hy doen, en wat Hy vir ons wil sê. As GKS-kantoor is dinge volstoom aan die gang. Soos nou reeds die gewoonte, dra ons graag al ons werksaamhede in gebed aan die Here op. Graag vra ons dat julle saam met ons vir die volgende sake sal bid. 

  • Opwindende nuus is dat die kans meer as goed is dat daar in die ou Woodstock-area waar die kerkgebou jare reeds gelede verkoop is ’n nuwe inisiatief is om weer ’n bedieningspunt te begin. Ons was nou die aand bymekaar en dit lyk of Observatory NGK, Tamboerskloof NGK, Ebenhaeser VGK, Maitland VGK, die Ring van Kaapstad en GKS gaan hande vat om die poging te maak werk. Ons is veral opgewonde oor ’n aantal jongmense wat besonder inisiatief en dryfkrag vir die gebied het.  Bid saam met ons dat die Gees ons sal lei en rig. Bid vir energie, kapasiteit kreatiewe visie en fondse om die projek staan te maak. Ons is baie opgewonde oor die saak!
  • Ons is baie dankbaar dat die bouwerk aan die kerkgebou in Lwandle fluks vorder. Ons verwagtinge is oortref. Kom ons eer die Here hiervoor en bid vir geestelike seën.
  • Te midde van die geskarrel om al die drade in die nuwe jaar op te tel,  poog Veritas om al die reëlings vir die jaar agter mekaar te kry. Dit is nogal moeilik om dinge só te reël dat dit minste reis verg en ook koste-effektief  is. Veritas probeer dus om so ver moontlik die meeste besoekpunte in een reis in te werk.  Doen asb voorbidding dat hulle die nodige wysheid sal hê hiervoor. Van 24 tot 26 Januarie word ‘n fasiliteerdersopleiding vir Module 1 aangebied vir ‘n groep leraars van Grassy Park in die Skiereiland. Bid asb. vir hierdie groep, want die uitdagings waarmee van hierdie leraars te doen het, is soms baie veeleisend. 

Ons wil in 2011 weer fokus op ons kernbesigheid!

– Gehoorsaam aan die Groot Opdrag , die planting van nuwe bedieninge in areas waar daar groot geleenthede en uitdagings is. (Demografiese ondersoek moet hiermee help)

– Die begeleiding groei en verdieping van ons bestaande projekte m.a.w. fasilitering in NGK en VGK!

– Fondswerwing om ons drome waar te maak.