{ARGIEF}

deur Cindy vd Merwe
dville2-apr14
dville1-apr14Die Wêreldbiddag vir Vroue het in 1887 begin toe vroue van die Presbiteriaanse Kerk in die Verenigde State van Amerika aangegryp was deur die nood van immigrante en die nagevolge van die vrystelling van slawe in hulle land. Hulle het ‘n oproep gedoen vir ‘n nasionale dag van gebed. Vroue van ander kerke het ook begin deelneem en die beweging het vinnig na ander lande versprei. Waar vroue ookal kennis gemaak het met die biddag, het dit hulle geïnspireer om in hul eie lande ook daarmee te begin. Die gevolg was dat die dag gou bekend gestaan het as die WÊRELD-BIDDAG VIR VROUE.
Durbanville Gemeente het die voorreg gehad om hierdie jaar die gasvrou te wees van die 84ste Wêreldbiddag vir Vroue.  Alle vroue – oud en jonk – was deel van hierdie gebedsgolf wat jaarliks oor ons land spoel.
Die tema vir 2014 was: “Strome water in die woestyn” en die land waarop gefokus is, was Egipte.
Dr Almatine Leene van NG Kerk Stellenbosch-Wes  was die spreker.