{ARGIEF}

deur Estelle van Vasco
Dit was ‘n voorreg om so ‘n unieke aand te kon beleef!
In ons besigwees met alles en almal vergeet ons totaal van onsself – tot Dinsdagaand toe Antoinette Muller en Mariëtte Steyn ons op ‘n geloofsreis geneem het.
Ons vroue het ons harte oopgemaak en was ontvanklik. Ons het diep geluister en die aand met al sy oomblikke omhels.
In die rustige, amper gewyde oomblikke het ons uniekheid ervaar. Op ons reis het ons besef dat God se Gees ons sterk maak en lei deur goeie en slegte tye.
Ons het saam rondom Eva se Gebed die wêreld in die oë gekyk en ingehak by mede-vriendinne en so geborgenheid in ons liefwees vir mekaar gevind.
goodwood
Toe ons kaalvoet in Maria se skoene klim, het ons besef God gebruik gewone, eenvoudige mense om sy doel te bereik. Is ons altyd soos Maria beskikbaar?
Luister ons in gehoorsaamheid na sy influisteringe?
Heerlik die wete: God berei ons voor vir Groter dinge as onsself, want niks is vir God onmoontlik nie.
Die aand kom tot ‘n einde, maar ons voel soos pelgrims op reis … met vlerke!!!!