{ARGIEF}

Hilde is saam met haar eggenoot, Willem Liebenberg vir bykans 19 jaar leraarspaar van die N.G. gemeente in Bonnievale.  Sy deel sy roeping en passie en  is baie betrokke in die gemeente.  Bybelstudie lê haar baie na aan die hart, omdat sy glo dat dit ʼn baie spesiale manier is waarop ons die stem van die Here in ons lewe kan hoor.  Sy was vir baie jare die redaktrise van die Kix.Kom van die KIX, wat vir haar besondere vervulling gebied het.  Hilde se stokperdjies is fietsry en kunsnaaldwerk – en ander vorme van kuns.  Van beroep is sy ʼn Kleuterskool-, asook ʼn Junior Primêre onderwyseres, maar tans leef sy haar uit as tuisteskepper, en is sy sommer net vrou vir haar man en ma vir haar 4 kinders (en die 2 Yorkies)  – en dit is vir haar die heel lekkerste lekker!!

  1.  Mat 20:1-12
  2. Luk 15:7
  3. Luk 21:2-3
  4. Luk 9:48 
  5. Markus 9:33-35 

Om in ons geloof te groei, moet daar ʼn paar optel-, aftrek-, maal- en deelsomme gedoen word.

  1.  Wat moet MEER (opgetel) word in ons lewe?
    – Fil 1:9
    – Joh 3:30
    – Joh 15:2
    – Kol 1:10 
  2. Wat moet MINDER (afgetrek) word in my lewe?
    – Luk 9:48
    – Kol 2:13-14
     
  3. Wat moet GEMAAL word in my lewe?
    -Mat 18:22
  4. Wat moet GEDEEL word?
    – Hand 2:44
    – Gal 6:2

Mag die Here ons help om in ons geloofslewe die wiskunde van Sy Koninkryk te kan doen.  Hoe vaar jy met God se Wiskunde?