{ARGIEF}

.Catherine is ’n ma van 2 jong seuns en                                                              

 ’n predikant by Durbanville –Bergsig NG Kerk.

Sy het o.a. ’n passie vir die catherine dreyer

gebedsbediening in die gemeente. 

“The Lord give me dream that allows me to fly, and the faith to pursue

it no matter how high” leef in haar hart.

Huis van Gebed                                                   

 

Daar is ‘n verhaal in die Bybel wat ‘n baie eienaardige prentjie van Jesus skets. ‘n Prentjie wat ons nie elke dag sien as ons oor Jesus dink nie. Kersfees sien ons Jesus as die baba in die krip. Later sien ons hom as die een wat liefdevol met sy dissipels omgaan en  kinders na Hom toe roep en stories vertel. Paasfees sien ons hom stap in die strate van Jerusalem waar mense hom met lof besing en alle eer gee. Goeie Vrydag sien ons Hom aan die kruis as die Lam van God. Drie dae later sien ons hom as die Opgestane, die Oorwinnaar van die dood. Die Verlosser wat hoop gee aan alle nasies. 

Maar die storie waaraan ek dink gee ‘n heeltemal ander, vreemde prentjie van Jesus. Matt 21:12-13 “Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi en vir hulle gesê: ‘Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed wees’, maar julle maak dit ‘n rowersnes.”

Om Jesus te sien as iemand wat tafels omgooi en mense uitjaag uit die tempel uit is werklik ‘n vreemde prentjie. Ons liefdevolle Verlosser raak kwaad, raak woedend!. Hoekom? “My huis sal ’n huis van gebed wees….” 

Jesus wil hê dat dít die kenmerk van die Christelike kerk moet wees –  daar moet ‘n aangename geur wees van gelowiges wat by God se voete kniel, in ootmoet en oorgawe,  in gebed, in gesprek met hul Vader. 

Ons mag vir mekaar preek, ja. Maar nie ‘My huis is ‘n huis van preek nie’. Ons mag sing, ja. Woord lees, ja. Saam kuier, ja. Maar, ‘My huis is ‘n huis van gebed.’ 

Ons weet vandag dat die enigste heilige gebou wat God ooit uitgesonder het, die tempel, in Jerusalem was. Dit was die een plek waar almal hul offers moes bring en kom versoening vra het. Daar is nie meer vandag so ‘n gebou nie. Die voorhangsel het geskeur en ek en u is vandag God se tempel. Ons is die plek waar God sy teenwoordigheid toon en waar God woon. 

Is jou huis, jou kerk, jou liggaam, eerstens ‘n huis van gebed? 

Here, help ons om ons prioriteite so te orden dat U die eerste plek inneem. Help ons om so te lewe dat ons lewens ’n aangename geur sal afgee en so ander ook in U teenwoordigheid sal bring.