{ARGIEF}

Hilde is saam met haar eggenoot, Willem Liebenberg vir bykans 19 jaar leraarspaar van die N.G. gemeente in Bonnievale.  Sy deel sy roeping en passie en  is baie betrokke in die gemeente.  Bybelstudie lê haar baie na aan die hart, omdat sy glo dat dit ʼn baie spesiale manier is waarop ons die stem van die Here in ons lewe kan hoor.  Sy was vir baie jare die redaktrise van die Kix.Kom van die KIX, wat vir haar besondere vervulling gebied het.  Hilde se stokperdjies is fietsry en kunsnaaldwerk – en ander vorme van kuns.  Van beroep is sy ʼn Kleuterskool-, asook ʼn Junior Primêre onderwyseres, maar tans leef sy haar uit as tuisteskepper, en is sy sommer net vrou vir haar man en ma vir haar 4 kinders (en die 2 Yorkies)  – en dit is vir haar die heel lekkerste lekker! 

NORME VIR BEOORDELING

Dit is ʼn wonderlike voorreg om deel te wees van ʼn hoogs tegnologiese wêreld waarin daar so baie is om na te kyk, te luister en te leer.  Dink maar aan al die programme waarna ons kan luister en kyk, al die tydskrifte wat ons kan lees.  Ook bied die TV en internet soveel inligting wat ons lewe kan verryk.

Tog weet ons dat ons sal moet onderskei wat is goed om na te luister, te kyk en te lees.  Ons sal nooit na alles kan kyk en luister wat die wêreld vir ons opdis om te lees, te kyk en te luister nie.  Die vraag waarby ons stilstaan is : “Waarna mag ek kyk, wat kan ek lees…en wat moet ek liefs vermy?” 

As ons hierdie vraag wil beantwoord, moet ons 3 dinge in ag neem:
1.  Ons kan ons afsluit  van enige nie-geestelike kyk-en leesstof.  Wat is die gevaar van  so ʼn wêreldontvlugting?  Lees Mat 5:16

2.  Ons kan aan die anderkant alles lees en kyk wat die wêreld vir ons gee, maar dit hou die gevaar van wêreldgelykvormigheid in.  Lees Rom 12:2  

3. Waar kry ons antwoorde op die vraag waarna ons mag kyk, lees en luister?  Lees Ps 119:105  

Watter NORME vind ons in die volgende teksverse wat ons kan help om as Christene te kan weet waarna ons kan kyk, lees en luister
1 Kor 10:31 –

1 Kor 6:12(a) –

1 Kor 6:12 (b) –

1 Kor 4:9(b) –

Mat 7:16 –

Pred 11:9(b) –

Fil 4:8 –

Waarom moet ons ook in ons lees-,kyk- en luisterstof ons gedagtes op die Here rig? Kol 3:2-3 

Ons het ʼn vyand wat ons deur die tegnologie  wil beroof van heiligheid.  Wie is hierdie vyand?  Lees 1 Petrus 5:8