{ARGIEF}

deur Karen le Roux
Worcester Brandwacht is ‘n gemeente in die Breedevallei. Ons het reeds in 2013 vir Antoinette Muller genooi om die “Vroue met Vlerke” bediening met ons vrouelidmate te deel. Na ‘n uiters geslaagde eerste byeenkoms het ons haar hierdie jaar gevra om dit op te volg.
Dus het ons op Saterdag 8 Februarie 2014 met groot opgewondenheid in ons eie kerksaal byeengekom. Antoinette het ons uitgedaag om by ‘n “vriendelike vreemdeling” te sit sodat ons almal beter kan leer ken.
So het sy toe begin met die lees van Eva se Gebed. Die diepte, stilte en gevoel wat ons ondersoek het met die lees van die gebed, het almal aan die praat gehad. Uit hierdie oefening het daar vrae gekom soos: hoe help God my om vry te wees, hoe verbind God my aan ander en hoe bevestig God my uniekheid? Met die lees van Lukas 1:26-38 het ons weer hieroor gedink.
Ons ervaring van ‘n deelnemende sessie is wat hierdie oggend so geslaagde gemaak het. In plaas van om stil te sit en luister het ons uit mekaar se ervaringe en wyshede geleer. Wie verstaan beter hoe jy voel as die vriendinne wat jou wêreld met jou deel. Die sessie  het onderstreep dat ons almal dikwels dieselfde pyn, vreugdes, teleurstellings en opgewondenheid ervaar, maar dat ons bymekaar verby lewe in die gejaade wêreld waarvan ons deel is.
So het ons op ‘n stadium ons skoene uitgetrek om kaalvoet saam te wees – en dit het die vroue in ons gemeente vlerke gegee. Wat ‘n voorreg!!
worcester-apr14