{ARGIEF}

VBO Program

2019

Dit is nou net meer as tien jaar dat die A-Z beleid vir predikante goedgekeur is, en daar was doemprofete wat gesê het dat dit nie gaan werk nie.
As ons egter nou na statistieke kyk (Sien die diagram in die voorwoord op p6!) kan ons sien daar is ʼn sterk VBO kultuur onder ons gevestig.
Hierdie jaar het ons probeer om ʼn kursusprogram saam te stel wat die uitdagings van ons tyd aanspreek, en wat predikante en gemeenteleiers bemagtig in hulle leierskap in ons gemeentes.
Ons het 4 kategorieë geskep om makliker keuses te kan maak waarvoor om in te skryf. Ons beveel aan dat deelnemers probeer om een kursus uit elk van die afdelings te kies.
Dit is duidelik dat ons al hoe meer hou by ons ooreenkoms dat ons leerbare predikante sal wees wat voortdurend leer wat die uitdagings van ons tyd is. Wat geloofsonderskeidend na die uitdagings kan kyk, besluite kan neem wat belyn is met God se sending in die wêreld, en in staat is om gemeentes te begelei om die nuwe verbintenisse te beliggaam.  Dit is vir VBO ʼn voorreg om te help om aan hierdie verbintenisse uitdrukking te gee.
Ons wil ook ons lidmate al hoe meer toerus en bemagtig, en daarom is lidmate welkom om in te skryf vir die grootste meerderheid van die kursusse.

Om die boekie af te laai (dit is ongeveer 4mb), kliek hier: VBO-Programboekie 2019.
Vir meer inligting, kontak ons gerus by die VBO-kantoor: Wilma