{ARGIEF}

“Ek dink ons mors God se tyd om so baie te bid. Die Here weet mos wat ons behoeftes is , waarom nog bid? Is die opmerking wat iemand op ‘’n keer teenoor my maak.

Of gebed enigsins ‘n verskil maak, word dikwels uit verskillende oorde bevraagteken. Daar is selfs gelowiges en teoloë wat vrae het oor die nodigheid gebed. As ons egter na die Bybel luister is daar min twyfel oor die noodsaaklikheid en die doel van gebed. Jakobus 5:17-18 verklaar dat die gelowige se gebed groot krag het, dan gebruik hy Elia as voorbeeld.

Elia was ’n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reen nie en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereen nie. Toe het hy weer gebid en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer. “

So is daar nog baie voorbeelde in die Bybel : Deur gebed het die Here die leeus se bekke vir Daniël gesluit. Dit is deur gebed wat Amos die Here laat afsien het van sy plan om ’n springkaanplaag oor Israel te laat bring. Deur volhardende gebed het die Here in 1994 vir Suid-Afrika ’n vreedsame politieke oorgang gegee. Dit is egter nie die bidders wat groot krag gehad het nie. Hulle was slegs die instrumente van God in die wêreld. Die krag wat op aarde deur hulle gebede vrygestel is was van God afkomstig.

Gebed is die magtigste wapen wat God aan sy kinders gee. Dit is ’n kragtige instrument waardeur God vir sy kinders alles wil gee wat hulle nodig het. Gebed is soos ‘n ligskakelaar. As jy ’n ligskakelaar aanskakel kom daar lig aan in ’n vertrek. Die krag om die lig te laat brand het egter nie van jou af gekom nie, dit het van Eskom gekom, jy was slegs die skakel. So is dit met gebed. As ek en jy bid, skakel ons die krag wat God reeds vir ons beskikbaar het ,in ons en ander se lewens aan. Jy bring nie lig na die vertrek nie , maar jy is die instrument wat die skakelaar moes aanskakel. Gebed is die instrument om die reeds bestaande krag na jou toe te laat vloei. Gebed bring die bidder met God se krag in verbinding .

Ons gebede maak dus ‘n integrale deel van God se raadsplan op aarde uit. In Openb. 8:1-6 word dit geíllustreer. Gelowiges se gebed moet eers gehoor word voordat die engele op die trompette kon blaas. God het sy plan met die wêreld en ons gebede vorm ’n noodsaaklike deel van sy plan ! ‘n Mens op sy kniee is God in aksie !

Die Here belowe : “ die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking Glo jy dit ? …..

Quintus

Die Heidelbergse Kategismus Sondag 45 vra:

Waarom is die gebed vir die Christene nodig? Antw. Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis . En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugting sonder ophou daarom bid en daarvoor dank