{ARGIEF}

Terwyl ek my voorberei vir ons gewone maandelikse Vrouediensbiduur raak ek bewus van Maria Magdalena. Ek raak intens bewus van die vroue by die graf. Terwyl ek ‘n paar gedagtes neerpen, kom Vroue met Vlerke se geloofsreis by my op en ek stap saam met ons vroue deur hierdie reis.
Die Heilige Gees lei my om ook musiek in te bring.
My waarneming:
• Elke vrou leef haar intens met elke vraag in.
• Elke selfondersoek is tasbaar soos die Heilige Gees self.
• Elke traan vertel ‘n stille verhaal van pyn diep binne, die bepeinsing, die staar.
• Daar is soveel pyn en tog soveel vreugde, want  Dankie Vader sy het vrede gemaak met haar worsteling. Ek dank God vir die deurbraak.
Ek gee geleentheid vir die vroue om neer te skryf wat ookal nog ‘n stuikelblok tussen haar/ hulle en God is. (Die papier en penne is aan die begin uitgedeel).
Daar is geleentheid gegee om voor die kruis die papier te brand sodat dié probleem wat nog steeds ‘n “blokkasie” tussen haar en God is, by Hom te laat.
Die Maandag kry ek oproepe waarin ek bedank word dié wonderlike, pragtige middag. Die een dame deel met my dat sy al so lank worstel met die dood. (Sy is van tyd tot tyd baie sieklik). Vir die eerste keer kon sy vrede maak met die vrees om te sterf.
Die ander een kon haar kind vergewe vir wie sy vir jare kwaad was omdat hy net getrou het sonder om haar en haar man in kennis te stel. Sy het vrede met alles gemaak.
Die ander een kon vrede maak met haar fisieke toestand en is dan terselfdertyd dankbaar vir die geleentheid om God om verskoning te vra.
Die ander een se getuienis is om te glo ten spyte van …
Alle eer aan God wat die wonders gedoen het en my gelei het om die spesiale musieksnitte in te bring.
Dit was voorwaar ‘n geseënde middag.