{ARGIEF}

Toe ontvou die absolute horror storie! Sy is al van 8uur saterdag oggend af in die buurt besig met haar opnames. Sy is Sotho sprekend maar baie goed in Engels. Min mense maak oop, die wat oopmaak laat haar nie in nie. Sy moes die vorms invul by ‘n huis met die kinders as bron terwyl ma en pa weier om uit te kom. Sy moes by ‘n studentehuis hoor: Die honde is nou buite sy kan nie inkom nie. Sy moes by ‘n ander huis hoor dat sy Afrikaans moet praat hulle verstaan nie Engels nie. Orals vra sy om die badkamer te gebruik.

ORAL WORD SY GEWEIER!

En ja toe moes iets gebeur @ 4uur die middag! Hoe onsetttend vernederend! Ons praat oor morele verval/bankrotskap en etiese kwessies en wat nog meer met gebalde vuiste en arms in die lig. Ons is kwaad want ons ly daaronder. Ons is slagoffers skree ons! Maar ek dink ons is meer bankrot as dit.

Ons liefde en deernis het bankrotskap bereik.

Ek onthou Prof Wit Koos Smit in die etiek klas: Die menswaardige behandeling van mense! Ons is besig om dit te verloor in ons gemeenskappe! Hierdie insident, gebeurtenis, hartseer oomblik ens. is n teken van n gemeenskap se bankrotskap. n Woonbuurt se liefdes verval. n Totale gebrek aan die menswaardige behandeling van mense! Ons wil so behandel word, maar weier om dieselfde aan ander te doen!

Ek was eers kwaad en hartseer. Miskien dalk eerder die bliksem in! Nie vir Boetman nie, maar vir die liefdeloosheid en self verheffing van mense. Dat jy so laag kan daal in jou behandeling van mense dat jy nie eens jou toilet vir n jong meisie wil oopmaak nie! Dat jy so bankrot is in jouself dat jy taal voorhou as wapen eerder om dit gebruik as n sleutel om liefde te bewys. Ons hou hande vas (met klere wat te groot is maar n glimlag op die gesig) en bid vir haar! “Lord please give her open doors!”