{ARGIEF}

100 Dae Geestelike Leierskap

[VBO 11]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 31 Maart 2011

Aanbieders:    Pierre Goosen en ander
Datum:    12–13 April 2011
Plek:    Mispah – Grabouw
Koste:
R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R770 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap – Verblyf word voorsien
R750 ander belangstellendes – Verblyf word voorsien

Program in ‘n neutedop
Ons wil ‘n omgewing skep waar predikante deur middel van ‘n struktuur van verantwoordbaarheid begelei word om ‘n nuwe lewensstyl van geestelike leierskap te ontwikkel. Die 100dae sal fokus op geestelike dissiplines, ‘n geestelike leierskapuitdaging, ‘n dieet en ‘n oefenprogram. Predikante sal in ‘n groep van +- 10 predikante wees wat mekaar verantwoordbaar sal hou tov keuses wat op bg drie areas van hulle lewe.

Hoekom 100dae
Navorsing het getoon dat ‘n leefstyl transfromasie wat nuwe gewoontes aanleer en integreer 100 dae neem om sodanig deel te word as ‘n nuwe lewensstyl dat die kanse goed is dat ons daarmee sal voortgaan.
Struktuur van die 100 dae:
1.    Afskop 2dag retreat
2.    4-6 weeklikse groepsbyeenkomste
3.    Tweede 2dag retreat en ‘n step-up
4.    4-6  weekliks groepsbyeenkomste
5.    Afsluitingsbyeenkoms en ooreenkomste vir die pad vorentoe.

1.    Geestelike dissiplines
Elkeen kies self uit die menu van geestelike dissiplines, watter dissiplines en hoe gereeld die dissiplines beoefen gaan word. Dit word gedeel met die groep ter wille van verantwoordbaarheid. By die tweede retreat word dit geëvalueer en indien moontlik ge-intensifiseer. Daar kan oa gekyk word na die volgende dissiplines:
•    Afsondering- daagliks en weekliks
•    Joernaal
•    Gebed van die hart (Centering Prayer)
•    EXAMEN gebed
•    Lexio Divina

2.    Oefenprogram
Elkeen stel self sy/haar doelwitte op vir die eerste 6 weke en maak dit aan die groep bekend ter wille van verantwoordbaarheid. By die tweede retreat word die program geëvalueer en indien moontlik geïntensifiseer

3.    Dieet
Elkeen stel sy/haar eie doelwitte op vir die eerste 6 weke en maak dit aan die groep bekend ter wille van verantwoordbaarheid. By die tweede retreat word die dieet geëvalueer en indien moontlik ge-intensifiseer. Die doel is nie noodwendig om gewig te verloor nie maar eerder om ‘n gesonder lewenspatroon te vestig. Deelnemers kan dit oorweeg om een dag in die week te vas deur bv net vrugte te eet, of selfs vir die hele 100 dae te vas van kos of drank wat op hierdie staium ‘n “kruk” geword het.

4.    Geestelike leierskaps uitdaging
By die tweede retreat besluit die deelnemers na gesprek met groepslede oor ‘n geestelike leierskapuitdaging wat hulle wil aanspreek in die volgende 6 weke. Hierdie uitdagings kan en sal wissel van persoon tot persoon. Dit kan uitdagings insluit soos geloofsonderskeiding, hantering van konflik, kweek van vertrouensverhoudinge, om ‘n bruggemeenskap te vestig met mense buite die gemeente.

5.    Leeswerk
•    Adrew Purvis Crucifixtion of Ministry
•    Dallas Willard Renovation of the Hart

Koste
Hierdie kursus is in die laaste fase van beplanning en die kostestruktuur sal in Februarie gestuur word.