{ARGIEF}

 Bybelstudiegroepe en Bybelskole [VBO 18]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Louis Jonker en Sias Meyer
Datum: 12 – 13 Oktober 2010 (2dae)
Plek: Stellenbosch

Tema en doel: 

In byna alle gemeentes bestaan daar Bybelstudiegroepe (as één van ‘n spektrum kleingroepe wat gemeentelike lewe kenmerk), en in ‘n toenemende aantal gemeentes funksioneer daar reeds Bybelskole of word so ‘n aktiwiteit beplan. Tog vind hierdie aktiwiteite (wat so ‘n belangrike rol speel in die hermeneutiese vorming van gemeentelede) plaas teen die agtergrond van ‘n gebrek aan teoretiese en teologies-hermeneutiese nadenke hieroor. Na aanleiding hiervan is ‘n nuwe veld in die Bybelwetenskappe aan die ontwikkel, te wete empiriese hermeneutiek, dws die empiriese bestudering van die “resepsie-kant” van Bybelinterpretasie. Aspekte wat hierin aan die orde kom, is onder andere: Hoe funksioneer die dinamika van interkulturaliteit (tussen [post]moderne lesers en antieke tekste; tussen verskillende persoonlikhede in die groep; tussen verskillende kulturele omgewings in groepe wat oor tradisionele NGK/VGK-grense strek) in die gesamentlike Bybel-interpretasie-proses? Hoe dra gesamentlike Bybelinterpretasie by tot hermeneutiese vorming van die deelnemers? Watter rol speel Bybelstudiegroepe/Bybelskole in die skep van ‘n “hermeneutiese klimaat” waarbinne prediking, pastoraat en ander bedieningsaktiwiteite in ‘n gemeente plaasvind? Ensovoorts.
Die doel van hierdie kursus sal egter nie primêr wees om op teorie te fokus nie, maar om vanuit die praktyk van gemeentes ‘n gespreksforum te bied waarbinne nagedink kan word oor hoe hierdie praktyke bydra tot hermeneutiese vorming en begeleiding.

Inhoud:
Daar sal gepoog word om gesamentlik en onder leiding van die kursus-aanbieders na te dink oor die impak van hierdie gemeentelike aktiwiteite op die hermeneutiek van lidmate waarmee hulle in samelewingsdebatte deelneem, hul etiese besluitneming doen, en hul identiteit/rol binne die kerk/gemeente verstaan. Die kursus sal ook vanuit ‘n aantal “best practices” wat voorgedra sal word, praktiese wenke verskaf oor hoe hierdie aktiwiteite aangepak kan word, watter materiaal beskikbaar is, ensovoorts.
 
Uitkomste:
Deelnemers kan verwag om die volgende uit hierdie kursus te haal:
• Nuwe insig te hê in die hermeneutiese impak wat Bybelstudiegroepe en Bybelskole in gemeentes het;
• Om deel te word van ‘n gespreksforum waarbinne hierdie gemeentelike aktiwiteite doelbewus deurdink word;
• Blootstelling te kry aan “best practices” vanuit ander gemeentelike kontekste;
• Gesamentlik na te dink oor hoe verantwoorde Bybelstudiemateriaal en Bybelskoolinhoude ontwikkel kan word;
• Blootstelling te kry aan beskikbare materiaal.