{ARGIEF}

Huwelikspastoraat

[VBO 9]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 30 Maart 2011

Aanbieder:    Kobus Prinsloo
Datum:    12–14 April 2011
Plek:    Stellenbosch
Koste:
R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R630 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap
R600 ander belangstellendes

‘n Narratiewe proses wat predikante en terapeute deur middel van praktiese handleidings in staat stel om egpare te begelei in huweliksvorming (-voorbereiding), huweliksgroei (-verryking) en huweliksherstel (-terapie).  

Tema
‘n Narratiewe uitgangspunt oor die huwelik word gebruik in al drie bogenoemde prosesse van huwelikspastoraat.  Die man, vrou en hulle verhouding word beskou as drie vennote in ‘n suksesvolle huwelik.   Dieselfde uitgangspunt word gebruik in al drie prosesse, naamlik huweliksvorming, -groei en –herstel.  

Dit is ‘n maklike en praktiese verwerking van die uitgangspunte van narratiewe terapie wat deur predikante en terapeute gebruik kan word in die veld van huwelikspastoraat.

Doel

Die doel is om predikante en terapeute toe te rus in narratiewe huwelikspastoraat en praktiese handleidings te verskaf wat ontwerp is om gespreksprosesse te fasiliteer.

Inhoud
•    Basiese uitgangspunte van narratiewe huwelikspastoraat
•    Huweliksvorming – bespreking van die handleiding oor huweliksvoorbereiding
•    Huweliksgroei – bespreking van die handleiding oor huweliksverryking
•    Huweliksherstel – bespreking van die handleiding om egpare te begelei wat probleme in die huwelik ondervind.

Uitkomste

  • Predikante en terapeute is opgelei om deur middel van die handleidings egpare op ‘n praktiese en gestruktureerde wyse deur die verskillende prosesse van huwelikspastoraat te begelei.
  • Predikante kan egpare deurlopend bedien. Egpare wat die huweliksvormingsproses deurloop het, kan na ‘n jaar of twee deur die huweliksgroei proses begelei word.  Egpare wat probleme ontwikkel, kan deur middel van die beginsels wat reeds aan hulle bekend is, begelei word.   
  • Predikante doen self die begeleiding en hoef nie persone van “buite” te kry nie. Dit gee kontinuïteit aan hulle bediening.