{ARGIEF}

Skatte in die hemel of te wel Geestelike Kapitaal (VBO 14)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

 

Aanbieder: Johann Symington
Plek: Sal later aangedui word
Datum: 12 – 14 Mei 2009

Naas jou IK en jou EK word daar ook, van so resent as 2004, veel gemaak van jou  GI [Geestelike Intelligensie of Spirituele Kwosiënt]. Dit is die geestelike kapitaal, “die skatte in die hemel”, waarvan die Bybel praat. Dit is die fundamentele intelligensie waarmee jy sin gee aan jou bestaan. Iemand met ‘n hoë SK beskik oor ‘n goddelike bewussyn, praat geloofstaal, weet van verwondering en erken misterie. Hy versamel wysheid en word algaande self wys. Hy bou lugkastele [sien ongerealiseerde moontlik-hede] en transendeer daarmee die metodiese geploeter van die alledaagse. Hy weet ook wanneer om te luister: ”Wees stil en weet ek is God”   Hy weet van …
“Iets staan  in sterre-en-helderte geskryf;
En ek skryf na in stof”

Die kursus is bedoel om begrip te kweek vir die niemandlanders, die groep mense wat nie die geloof afgeskryf het nie, maar wat wil belê in geesteskapitaal en dit soek in die kluise van die christelike tradisie.
Dit word ontwerp vir die voorlesers en die vertalers, die predikante, die pastors en kategete wat deur die nuwe generasie vraestellers geboei word  en wat die uitdaging aangryp om op kreatiewe wyse uit die ryklik, maar vermineraalde tradisie die oriëntasiepunt te haal waar die Christusverhaal “herontdek” word as ‘n lewende en navolgenswaardige tradisie, op en in die voetspore van Christus.
In die kursus gaan ons vooraf lees en dan speel, kyk, rus, skep om so ons eie geestelike intelligensie te peil en verder te ontwikkel  Verder gaan ons op eksperimentele wyse  na maniere soek waarin die geestelike kapitaal van die Bybel liturgies en homileties ontgin kan word vir die niemandlanders.
Die kursus het dus ‘n spesifieke fokus met die uitkomste geesteverryking vir die kursus-ganger en aansporing om die niemands-landtaal ter wille van die Evangelie, aan te leer.

Kontak Chrisna van der Merwe by 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af