{ARGIEF}

Triniteit en Missionêre Kerkwees [VBO 19]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Dirkie Smit en Coenie Burger
Datum: 12–14 Oktober 2010
Plek: Stellenbosch

Tema en doel:
Een van die opwindendste en mees positiewe teologiese ontwikkelings van die laaste paar dekades is die sterk belangstelling in Trinitariese Teologie. Van die beste teologiese boeke wat die laaste tyd verskyn het, handel juis oor hierdie tema.
Uit die gesprekke oor die Triniteit word dit duidelik dat hierdie alles behalwe `n bloot teoretiese of spekulatiewe debat is, maar `n debat wat deurslaggewende implikasies het vir die kerk en vir die lewe van die kerk en gelowiges.

Inhoud en Uitkomste:

In hierdie kursus gaan
• `n oorsig gegee word oor die debat;
• gekyk word na van die belangrikste positiewe uitkomste van die gesprek en
• die implikasies wat dit het vir ons kerk-wees en vir ons denke oor gemeentes