{ARGIEF}

Triniteit, Evangelie en Missionêre Kerkwees  (VBO-8)

Laai registrasievorm hier af

 
Aanbieders:     Dirkie Smit, Robert Vosloo & Coenie Burger
Datum:            17–19 April
Plek:                Stellenbosch
Koste:              Sien registrasievorm

Inhoud en Uitkomste

In hierdie kursus gaan

  • `n oorsig gegee word oor die debat;
  • gekyk word na van die belangrikste positiewe uitkomste van die gesprek en
  • die implikasies wat dit het vir ons kerk-wees en vir ons denke oor gemeentes.

Tema en doel
Een van die opwindendste en mees positiewe teologiese ontwikkelings van die laaste paar dekades is die sterk belangstelling in Trinitariese Teologie. Van die beste teologiese boeke wat die laaste tyd verskyn het, handel juis oor hierdie tema.

Uit die gesprekke oor die Triniteit word dit duidelik dat hierdie alles behalwe `n bloot teoretiese of spekulatiewe debat is, maar `n debat wat deurslaggewende implikasies het vir die kerk en vir die lewe van die kerk en gelowiges.