{ARGIEF}

 

Handelinge Konferensie: 18–20 Mei 2008

Laai Afrikaanse brosjure + program af (PDF)

Laai program af

Laai inskrwyingsvorm af

Download English PDF version of Acts Conference information and program

Download Acts Registration Form

Sluitingsdatum: 8 Mei 2009

Wat kan ons uit die Handelinge-boek leer oor Missionêre Gemeentewees 

(VBO 15)

Tel 30 VBO-krediete 
 

Gesamentlike projek van Fakulteit Teologie en Communitas ~ 2009-2011

Communitas en die Fakulteit Teologie beplan `n baie opwindende driejaarprojek rondom die vraag/tema “Wat kan ons oor missionêre kerk-wees leer uit die boek Handelinge”.  Ons hoop om in Mei volgende jaar af te skop met `n unieke konferensie oor die tema. 

Ons wil met die projek probeer om twee groot gesprekke bymekaar te bring. Die een groot gesprek is oor Missionêre Kerk-wees. Daar is tans heelwat predikante en gemeentes in ons land wat ernstig dink, bid (en beplan) rondom dié saak. Daar word tans heelwat konferensies gehou en baie boeke geskryf oor die onderwerp.  Hoe ons weer missionêre gemeentes kan word, het wêreldwyd `n vraag geword wat in gemeentes gevra word. 

Terwyl `n mens baie dankbaar is vir hierdie ontwikkeling, is ons by tye besorg dat van die groepe te min en te selektief kennis neem van wat die Bybel ons hieroor leer. Daarom wil ons dié gesprek in verband bring met ‘n ander gespreksgroep. Dit is `n groep mense in die akademie wat wonderlike, in-diepte werk oor die Bybel doen, maar wat die lees- en dinkwerk nie altyd naby genoeg aan die kerk en die kerklike praktyk doen nie. 

Ons is oortuig dat die kerk beide hierdie groepe baie nodig het en wil met die projek die twee groepe `n dieper vlak as wat tans gebeur in gesprek met mekaar probeer bring.
Ons wil graag op n `n paar vlakke tegelyk probeer werk.

  • Ons gaan afskop met `n drie dag konferensie oor die tema van 18-20 Mei 2009.  Ons hoop om twee internasionaal-erkende Nuwe Testamentici nl Beverly Gaventa (Princeton TS) en Scot McKnight (North Park University) te nooi om insette by die kursus te maak.  Ons gaan ook plaaslike Nuwe Testamentici, missioloë en predikante wat deel is van die missionêre kerk beweging nooi om insette te maak.

Terwyl die eerste konferensie meer op die boek Handelinge gaan fokus, sien ons ‘n  tweede en moontlik ‘n derde konferensie waar die klem kan skuif na missionêre gemeentes en die implikasies vir vandag.

  • Ons wil graag studiegroepe bymekaar kry wat sewe belangrike temas in Handelinge gaan naspoor en vir ons publikasies of planne en proses gaan voorberei oor wat ons vir vandag oor dié sake uit die boek Handelinge kan leer. Die temas wat ons reeds geïdentifiseer het is die volgende:

 “Gemeente” in Handelinge (cf. gemeenteprentjies; redaksionele opmerkings in Handelinge; toesprake; events; draaimomente; leiding van HG; organisering; gesonde gemeentes; ens)
 Kerkeenheid en –verskeidenheid (inklusiwiteit en multikulturaliteit; diversiteit; ens);
 Missionele program en strategie (uitstuur; Paulus se werkwyse; plan en intensie; Handelinge as “founding document” vir die missie; “challenge and change”; ens);
 Leierskap (apostolaat; dissipelskap; ens.)
 Bekering en redding (identiteit; bekering; transformasie; doop; etiek; ens);
 “Empire” en ekonomiese geregtigheid (kontekstualisering; sosiale konvensies; verhouding met breë kultuur; geloof in post-/kontra-kulturele opset; ens) en
 Handelinge van die lewende God (Missio Dei; evangelie)

  • Ons nooi predikante en akademici wat graag deel van dié studie wil wees om in te skakel by van die studiegroepe.  Die groepe sal by die konferensie in Mei kans kry om hul planne bekend te stel en sal waarskynlik ook iewers  rondom hulle temas kleiner konferensies hou.
  • Ons wil graag ook lidmate en gemeentes betrek by die projek. Ons voorsien reeds ten minste twee gemeenteprojekte. `n Paar mense het reeds begin werk aan `n program hoe gemeentes in `n jaar se tyd deur Handelinge kan lees.  Die gedagte is dat die prediking en kleingroepe ingeskakel word by die proses.  Daar is ook `n gedagte om `n 40-dae program uit te werk wat in die gemeente gebruik sal kan word.
  • Ons voorsien ook – na drie of vier jaar – `n afsluitingskonferensies waar ons graag die bevinding van die gesprekke en studies wil saambring en dit in een of ander formaat beskikbaar wil maak.  

Kontak Chrisna van der Merwe by 021-808 3624; cmer@sun.ac.za