{ARGIEF}

Dogmatiek: Triniteit, Evangelie en Missionêre Kerkwees

[VBO 16]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Aanbieders:    Dirkie Smit & Coenie Burger
Datum:    18–20 Oktober 2011
Plek:    Stellenbosch

Tema en doel

Een van die opwindendste en mees positiewe teologiese ontwikkelings van die laaste paar dekades is die sterk belangstelling in Trinitariese Teologie. Van die beste teologiese boeke wat die laaste tyd verskyn het, handel juis oor hierdie tema.
Uit die gesprekke oor die Triniteit word dit duidelik dat hierdie alles behalwe `n bloot teoretiese of spekulatiewe debat is, maar `n debat wat deurslaggewende implikasies het vir die kerk en vir die lewe van die kerk en gelowiges.

Inhoud en Uitkomste
In hierdie kursus gaan
•    `n oorsig gegee word oor die debat;
•    gekyk word na van die belangrikste positiewe uitkomste van die gesprek en
•    die implikasies wat dit het vir ons kerk-wees en vir ons denke oor gemeentes.