{ARGIEF}

Verwonderd Luister: Deel 3

Stap in die rigting van onderlinge sorg

[VBO 2.3]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Aanbieders:     Deon Bruwer & Koos vd Vyver

Datum:         18 – 20 Oktober 2011

Plek:             Stellenbosch

Tema en doel

Die sentrale tema en doel van die derde kursus is om die beginsels van Narratiewe Terapie só uit te werk dat dit lei tot toepassing in die pastorale bedienings-praktyk en onderlinge sorg.

Die kursus is daarop gerig om ‘n paradigmaskuif te bewerkstellig tov versorging met behulp van  professionele berading na onderlinge sorg of “sorg-vir-mekaar”. Die module is gerig op onderlinge sorg wat ten doel stel dat die mense self mekaar besoek en mekaar ondersteun in die alledaagse omgang, maar ook juis wanneer die moeilike tye van die lewe aanbreek.

Die kursus fokus op supervisie en opleiding van lidmate. Hierdie module voorsien kursusmateriaal aan die hand waarvan predikante lidmate sal toerus om vaardighede in onderlinge sorg te ontwikkel en toe te pas. Die module sal verder predikante toerus om supervisie te gee en ‘n volhoubare onderlinge sorgsisteem te implementeer.

Inhoud

1.      Die basisteorie en tegnieke van Volwasseleer.

2.      Die bestudering en toepassing van kursusmateriaal vir lidmate

  • Drie modules van “Verwonderd Luister: Riglyne vir onderlinge sorg.”
  • Leiersgids vir Verwonderd Luister.
  • Beplanning en implementering van ‘n onderlinge sorgstrategie in gemeente of ander gemeenskappe.

3.      Inoefening van supervisiepraktyke.

4.      Daar sal weer van “Outsider Witness work” gebruik gemaak word.

Uitkomste

Bemagtiging van predikante/kursusgangers om ‘n onderlinge-sorgsisteem in gemeentes of ander gemeenskappe te implementeer en in stand te hou