{ARGIEF}

VBO 6:  Rentmeesterskap en Bybelse offervaardigheid; Sinvolle Gemeentelike Administrasie

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Johan Witbooi, Petrus Bock,  Francois Cillié en Monty Sahd, ea
Datum:   2 – 4 Maart 2010
Plek: Bellville (Sinodale Sentrum)

Tema en doel:
Rentmeesterskap is ‘n omvattende saak wat die hele lewe raak. Dit sluit ons besittings in. Een van die Bybel se belangrikste temas is die regte gebruik van geld en goed. Ons is bestuurders van alles wat die Here aan ons toevertrou het. Hierdie aanbieding wil help om die Bybelse waarhede só te internaliseer dat dit prakties in ‘n gemeente toegepas kan word. Rentmeesterskap sluit ook effektiewe administrasie in. Daarom word die aanbieding vanjaar uitgebrei om gemeentelike administrasie in te sluit.
Die doel van die kursus is om ‘n kultuur van verantwoordelike Bybelse Rentmeesterskap in ‘n gemeente te help vestig.
 
Inhoud:
• Hoe dink ons self oor geld en goed in die Lig van die Woord?
• Hoe kan ons lidmate “welvaart” oorleef?
• Hoe kan effektiewe Bybelse Dankoffer-stelsels toegepas word.
• Sinvolle kommunikasie oor Offervaardigheid.
• Riglyne vir ‘n jaarlikse Dankoffer-verbintenis.
• Praktiese, effektiewe gemeente-administrasie.

Uitkomste:
n Nuwe verstaan van wat die Bybel oor Rentmeesterskap en Offervaardigheid leer en hoe om ‘n kultuur van Rentmeesterskap in die gemeente te help vestig.
Praktiese vaardighede om dit en goeie administrasie in ‘n gemeente te leer en toe te pas.