{ARGIEF}

Geloofsreis vir Predikante [VBO 8]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af vir Deel 1

Laai inskrywingsvorm af vir Deel 2

 

 
Aanbieders: Gys van Schoor en ander
Datum: 20 – 22 April 2010 & 14 – 16 Sept 2010
Plek: NG Kerk Kleinmond

Tema en doel: 
Geloofsvorming is ‘n lewenslange reis saam met Jesus (en saam met ander), van radikale transformasie (al hoe meer soos Jesus), tot diens van ons naaste.
Geloofsvorming van predikante
Daar is ‘n dringende behoefte by predikante om self op ‘n geloofsvormende reis te wees. Hierdie reis wil hiermee help, aangesien dit juis fokus op die eerstehandse leer leef met Jesus, die innerlike transformasie en emosionele gesondheid van die predikant.

Reis
Geloofsvorming is ‘n lewenslange reis, maar dit is nodig om intensioneel op hierdie reis toegerus en begelei te word. Ons poog om verskillende geleenthede te hê waarnatoe jy kan kom . Dit gaan hier om ‘n tot rus kom by die Here, insette wat gemaak word en die begeleiding van mekaar.
 
Modules:
Op hierdie stadium lyk die reis so:
JAAR 1  –   Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit –  emosionele gesondheid
Byeenkoms 1.1
Ons gaan deur die oefeninge in Scazzero se 2 boeke. Geen voorbereiding is nodig nie.
Byeenkoms 1.2
Refleksie oor Scazzero se boek, EHS en fokus op die reis deur die muur, asook die vals self vs ware self. (Vir hierdie byeenkoms is dit noodsaaklik om Scazzero se boek: Emotionally Healthy Spirituality te lees)

JAAR 2  –  Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit – Identiteit en selfkennis
Byeenkoms 2.1
Groei in jou persoonlike identiteit in Christus (Deon Loots)
 
Byeenkoms 2.2
Reis van selfontdekking: bekering van die hart (Enneagram deur Sister Mary)

JAAR 3:   Roeping

JAAR 4:   Vernuwing van die hart – Dallas Willard

Jaar 3 en 4 is nog in oorweging nadat ons jaar 2 klaar gemaak het.

Datums
In 2010 begin ons weer met die reis met byeenkomste 1.1 (20-22April) en 1.2 (14-16 Sept)

Uitkomste:
Dit gaan nie in die eerste plek om iets te gaan doen nie, maar om iemand te wees.
Dit gaan om te leer om saam met die opgestane Here te leef.
Dit fasiliteer ‘n innerlike reis van genesing en heling (Scazzero)
(Kyk op Geloofsvorming se blog by Communitas)