{ARGIEF}

Jesus is Heer (VBO-11)

Laai registrasievorm hier af

Aanbieders:           Leon Venter & Jannie le Roux
datum:                   21-23 Aug
Plek:                      Stellenbosch
Koste:                    Sien registrasievorm

Tema en doel
Die mensdom staan in die 21ste eeu voor baie groot uitdagings en elke enkele persoon op aarde moet deel raak van ‘n beweging om met verantwoordelikheid om te gaan met die aarde en haar mense as God se eiendom. Christene bely met passie: “JESUS IS DIE HERE”. Ons glo ons is geroep en gestuur om Sy bestuurders op aarde te wees. Wat beteken dit?

As Christene wil ons leef vanuit ons roeping as rentmeesters vir God se ganse skepping. Wat beteken hierdie rentmeesterskap? Wat is die praktiese implikasie van ons belydenis: “JESUS IS DIE HERE.” Wat beteken ons navolging van Jesus prakties vir die bestuur van ons gawes, ons liggame, ons besittings, ons omgewings, ons erflatings.

Wat is die praktiese lewenswyse-implikasies van die belydenis vir Christene vandag in SA?

Inhoud en Uitkomste
In hierdie kursus gaan:

  • Nagedink word oor die betekenis en praktiese implikasies van die belydenis: “Jesus is die Here” in Suid Afrika.
  • Nagedink word oor hoe ons gelowiges in ons gemeentes kan help om denk-en-lewenstyl veranderinge te maak oor die implikasies van ons belydenis “Jesus is die Here.”
  • Praktiese inhoud en programme (preke en ‘n 40 dae-program) voorgestel word om ‘n lewe van verantwoordelike rentmeesterskap in die lewe van gelowiges in ons gemeentes te help ontwikkel.