{ARGIEF}

Leierskap − Toerusting van Gemeenteleiers

[VBO 13]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Aanbieders:    Braam Hanekom & Jannie le Roux
Datum:    24–26 Mei 2011
Plek:    Stellenbosch

Tema en doel
‘n Wêreld wat daagliks geweldige (en dikwels geweldadige) chaos en veranderings  in die gesig staar, vereis nuwe nadenke oor leierskap in die algemeen, en veral geestelike leierskap in die besonder. Predikante, kerkrade en ander geestelike leiers voel dikwels magteloos en dryf sonder koers, terwyl ons omgewing geestelike leierskap dringend nodig het. Gemeenteleiers bevind hulle gereeld op die voorpunt van die veranderingskurwe, en kan roepingsbewus en intensioneel gelowiges en gemeenskappe begelei in die rigting van God se droom.
Hierdie kursus gaan oor meer as net ‘n paar kosmetiese aanpassings en truuks wat jy moet byleer. In hierdie kursus wil ons mekaar help verstaan watter denk-en hartsverandering nodig is vir geestelike leierskap en missionêre transformasie. Hoe vermeerder invloed? Hoe kan aspekte van leierskap soos onderskeidingsvermoë, roeping, visie, spanleierskap, bemagtigende waardes, energering, wysheid en selfbestuur my bemagtig? Hoe kan ek gemeenteleiers en ander geestelike leiers begelei en oplei? Hoe kan ons ‘n kultuur van diensknegleiers (“servant leadership”) skep?

Inhoud
Tydens die kursus gaan ons onder andere die volgende aspekte behandel:
•    Roeping: Wat hou my roeping in?
•    Dimensies van uitnemende leierskap
•    DNS van geestelike leierskap
•    Nuwe leierskapdinamika binne nuwe samelewingsdinamika
•    Geestelike leierskap te midde van nuwe geestelike bewegings in ons midde
•    Missionêre transformasie
•    Leierskap en dissipelwees
•    Visie
•    Spanwerk
•    Energering
•    Emosionele Intelligensie
•    Wysheid
•    Selfleierskap
•    Mentorskap
•    Uitdagings vir kerkwees in ‘n nuwe tyd
•    Die rol en plek van `n NG-dominee oor 10 jaar!
•    Persoonlike doelstelling en groeiplan
•    Opleiding van gemeenteleiers

Uitkomste

Ons hoop dat kursusgangers ‘n nuwe droom, hoop en energie sal kry vir hulle roeping as geestelike leiers. Dat hulle afhanklik van God ‘n eie leierskapsverstaan en groeiplan sal ontwikkel soos hulle teorie en praktyk integreer. En in staat sal wees om gemeenteleiers op te lei en mentors vir hulle te wees.