{ARGIEF}

Prediking en lering

[VBO 12]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Aanbieders:    Coenie Burger, Andries Cilliers & Ian Nell
Datum:    24–26 Mei 2011
Plek:    Stellenbosch

Tema en doel
In die wyer Protestantse tradisie is en bly die prediking `n uiters belangrike deel van die predikant se werk en van die gemeentelike lewe.  In `n tyd waarin daar gereeld sterk beklemtonings op ander dele van die gemeentelike bediening gekom het (bv kleingroepe, liturgie) moes gemeentes en leraars telkens weer die ontdekking maak dat die prediking steeds vir die meeste mense een van die mees sentrale aktiwiteite in die gemeente is.  
In hierdie kursus gaan gekyk word na die rol van die prediking in ons tyd.  Dat die prediking steeds belangrik is, sê nie dat niks verander het van 50 jaar gelede af nie.  Omdat ons in `n ander tyd en situasie as 50 jaar gelede leef, omdat mense verander het en hulle verwaging anders is as vroeër moet ons dink oor die rol en inhoud van die prediking in ons tyd.

Ons gaan ook aandag gee aan die persoon en spiritualiteit van die prediker en aan `n styl en aanbieding wat by jou persoon pas.
Ons gaan ook saampraat oor lering.  In die gereformeerde tradisie het lering naas die prediking altyd `n baie belangrike rol gespeel.  Ons gaan weer kyk na die verband tussen die twee en gesels oor maniere waarop ons moontlik ons tradisie van sterk lering kan herwin.  

Inhoud: 
Tydens die kursus staan ons onder andere stil by die volgende sake:
•    Wat dink jy doen jy as jy preek?  Dit is: met  watter definisie of verstaan van die prediking werk ons (en behoort ons te werk?)?
•    Hoe lyk ons weeklikse preekmaakproses?  Watter prosesse en ervarings het daarop ingespeel? Wat het jou gehelp, en waarom?
•    Moet ons dalk die gemeentelike leierskap sterker betrek by die prediking?  Hoe doen `n mens dit?
•    Hoe moet ons dink oor geestelike outoriteit in die prediking
•    Hoe kry ek `n preekstyl wat by my persoon pas?
•    Deel van eie preekervarings
•    Watter preke het ‘n indruk op jou gemaak, en waarom?
•    Bewegings van teks na preek: modelle, moontlikhede, misverstande…
•    Nadenke/gesprekke oor die leesrooster-teks vir die komende Sondag.

Uitkomste: 
Dat predikers hopelik tydens die kursus nuwe energie sal ontvang vir die proses van preekmaak, met ‘n nuwe visie op die uitdagings van die Suid-Afrikaanse konteks. Dat, in samehang hiermee, ‘n nuwe integrasie van (goeie) teorie en (verantwoordelike) praktyk gevind sal word.