{ARGIEF}

 Geloofsreis vir predikante (VBO 20)

Kontak Chrisna van der Merwe: 021-808 3624 of cmer@sun.ac.za

Aanbieders:  Gys van Schoor en Danie Mouton,

Datum:  28 – 30 Julie 2009 ~ Hartenbos, Suid-Kaap

Ons het ‘n reis van geloofsvorming ontwikkel en nooi predikante om daaraan deel te neem. Ons sien dit op  hierdie stadium as ‘n 3 jaarproses.  Die reis verloop in drie fases, wat elk uit drie byeenkomste per jaar bestaan, vir ‘n totaal van 9 byeenkomste oor ‘n driejaar periode.

Dominees kan op enige stadium van die reis aansluit, of die reis verlaat, of die reis uitstel.
 
Dit lyk op hierdie stadium so:

JAAR 1: ONTWIKKELING VAN ‘N GESONDE SPIRITUALITEIT (Maart reeds op Kleinmond aangebied)
Byeenkoms 1.1:  Kontoere van emosioneel gesonde spiritualiteit
Byeenkoms 1.2  Groei in jou persoonlike identiteit in Christus
Byeenkoms 1.3  Reis van selfontdekking: bekering van die hart (Enneagram)

JAAR 2: OM MET JESUS TE LEER LEEF
Byeenkoms 2.1  Retreat: “Kom luister na wat Ek jou oor die lewe wil leer”
Byeenkoms 2.2  Teologiese kontoere: Om vandag saam met Jesus (die Here) in die koninkryk te lewe. 
Byeenkoms 2.3  Vernuwing van die hart (Dallas Willard).

JAAR 3:  CHRISTELIKE PRAKTYKE
Byeenkomste 3.1, 3.2 en 3.3 handel oor ‘n seleksie van drie Christelike praktyke per byeenkoms wat deur die eeue deur christene beoefen is

Ons is seker dat van hierdie inhoud sal verander soos wat ons die pad saam begin loop.

Laai Inskrywingsvorm af