{ARGIEF}

Geloofsreis vir Predikante

[VBO 5.1]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywing van 1ste deel: 14 Maart 2011

Aanbieders:    Gys van Schoor en ander
Plek:    Hermanus
Datum:    28-31 Maart, 25-29 Julie, 5-9 September (3 opeenvolgende byeenkomste)
Koste:
R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R630 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap
R600 ander belangstellendes

Tema en doel
Geloofsvorming is ‘n lewenslange reis saam met Jesus, die opgestane Gekruisigde, van radikale innerlike transformasie , tot diens van ons naaste.

Geloofsvorming van predikante
Daar is ‘n dringende behoefte by predikante om self op ‘n geloofsvormende reis te wees. Hierdie proses wil hiermee help, aangesien dit juis fokus op selfkennis, emosionele gesondheid van die predikant, asook sy/haar innerlike transformasie.

2011 – Nuwe reisigers
Vir 2011 gaan die geloofsreis verkort word tot 2 jaar met 3 byeenkomste per jaar. Almal wat reeds op die reis is, stem egter saam dat ons nie hiermee gaan klaar maak nie…
Die drie byeenkomste vir die wat volgende jaar begin is: 28-31 Maart, 25-29 Julie, 5-9 September

NBNB    Daar kan net 12 predikante geakkommodeer word.

Op hierdie stadium lyk die reis so:
JAAR 1  –   Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit – selfkennis en emosionele gesondheid
Byeenkoms 1.1   
Ons gaan deur die oefeninge in Scazzero se 2 boeke. Geen voorbereiding is nodig nie.
Byeenkoms 1.2   Ons fokus hier op die vals self vs ware self.
Byeenkoms 1.3    Enneagram
JAAR 2  –  Leer leef in die koninkryk (Dallas Willard)
Byeenkoms 2.1   Dallas Willard (Hearing God en The Spirit of the Disciplines)
Byeenkoms 2.2   Dallas Willard (Divine Conspiracy)
Byeenkoms 2.3       Dallas Willard (Rennovation of the Heart)

Uitkomste
Dit gaan nie in die eerste plek om iets te gaan doen nie, maar om iemand te wees.
Groei in selfkennis
Dit fasiliteer ‘n innerlike reis van genesing en heling
Innerlike transformasie
Leer leef in die koninkryk.