{ARGIEF}

Padlangs Ouerskap (VBO-2) 

Laai registrasievorm vir Suid-Kaap hier af

Aanbieders:   Gielie Loubser, Ronnie Noemdoe en Jan van Zyl
Datum:            28 Febr – 1 Maart
Plek:              Suid-Kaap ~ Moedergemeente George in samewerking met George-Suid gemeente

28–30 Augustus: Citrusdal

Wat met deelnemers gebeur
Die doel van die kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap. Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ‘n veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid. Die einddoel is ‘n plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is. Hierdie kursus word spesifiek so ingerig dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied.

Inrigting van kursus
Die kursus word ingerig dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ‘n tydperk van ‘n kwartaal gaan inoefen het.

Inhoud van kursus
Vaardighede en gereedskap wat deelnemers ontvang:

  • om die belangrikheid van kwaliteit tyd te besef
  • Hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister
  • Positiewe geloofwaardige terugvoer
  • Nie bedreigende kommunikasie
  • Ek-boodskappe
  • Dissipline
  • Hoe om ‘n huisvergadering in te rig.

Die bou van verhoudings speel ‘n belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan.

Deelnemers word toegerus met vaardighede wat hulle in staat stel om die positiewe deelnemende ouerskap-vaardighede in hulle eie lewe te gaan toepas en om die kursus in hulle gemeente aan te bied.