{ARGIEF}

Doop en Bediening [VBO 15]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Coenie Burger en Dirkie Smit
Datum: 3 – 5 Aug 2010
Plek: NG Kerk Hartenbos, Suid-Kaap

Tema en doel:
Die christelike doop is die laaste tyd weer sterk in gesprek in baie gemeentes. Baie lidmate vra ernstige vrae oor die betekenis van die doop asook oor die praktyke rondom die doop.
In hierdie kursus sal al hierdie vrae aan die orde kom en gepraat word oor verantwoordelike maniere waarop die hele kwessie in die gemeente hanteer kan word.

Inhoud en Uitkomste:
Daar sal in die kursus spesifieke aandag gegee word aan beide:
A. Die bybels-teologiese vrae oor die doop soos
• Wat is die vrae wat mense rondom die doop vra
• Wat is die onderliggende redes agter die onrustigheid
• Die geskiedenis van die doop en die dooppraktyke van die kerk
• Hoekom ons kerk steeds die kinderdoop voorstaan
• Kan `n kerk beide kinders en volwassenes doop?
• Waarom is daar soveel weerstand teen herdoop?

ASOOK
B. Aan die vrae rondom die dooppraktyke van die gemeente soos
• Sinvolle hantering van die doop in die erediens
• Doopgesprekke met ouers
• Implikasies van die Doop vir die kategese en die geestelike begeleiding van kinders (vgl Burgess se “After Baptism”)
• Doopherdenking of –viering
• Hoe ons volwassenes kan help om hul doop te herbesoek en opnuut toe te eien.