{ARGIEF}

Nuwe gemeente-ontwikkeling en evangelisasie (VBO 9)

15-17 September 2009

 

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai VBO 9 Inskrywingsvorm hier af

 
Aanbieders:  Jurgens Hendriks, Theo Geyser
Datum:  15 – 17 September 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:
 Nuwe gemeente-ontwikkeling gaan om God se agenda in ʼn nuwe wêreld aan die orde te stel en om diegene wat hulle daartoe geroepe voel om daarby betrokke te raak as geloofsgemeenskap saam te voeg. Dit is terselfdertyd ʼn uitreik met die evange¬lie na mense wat nie langer in tipies institu¬sionele bedieningspatrone vasgevang, gees¬telik kan oorleef nie.

Inhoud:  As die wêreld verander het, kan die kerk nie dieselfde bly nie. Die wêreld het dramaties verander. Hoe lyk en leef die liggaam van Christus in die nuwe wêreld?

Daar word gekyk na waarom en hoe die wêreld verander het en watter implikasies dit vir kerkwees uitspel. Die werkswinkel sal self werk aan nuwe bedieningspraktyk, stilstaan by die leierskap(styl)-implikasies daarvan en kyk na wat die literatuur daaroor te sê het.

Uitkomste:

  • Insig in ʼn nuwe wêreld en die impera¬tief van die identiteitskuif wat dit van die kerk verlang.
  • Insig in hoe noodsaaklik ʼn nuwe leier¬skapstyl en bedieningstruktuur vir NGO en evangelisasie is.
  • Roeping: betrokke raak by ʼn proses van geloofsonderskeiding oor wie die inisiatief neem en hoe geroepenes as individue en gemeentes ondersteun moet word.
  • ʼn Droom wat hoop gee vir vasgelooptes.