{ARGIEF}

Emosionele Intelligensie (EI) [VBO 13]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieder: Dr Pieter van Jaarsveld
Datum: 5 – 7 Mei 2010
Plek: Stellenbosch

Tema en doel:
Emosioneel intelligente pastor: Een van die waarborge vir ‘n suksesvolle gemeente
Emosionele Intelligensie (EI) bepaal nie alleen meer as 85% van die sukses van leiers nie, maar ook die geluk in jou daaglikse lewe! Negatiewe emosies affekteer die gesondheid van die mens bv 5 minute van woede, angs, bekommernis het ‘n ses-uurlange effek op die liggaam se immuunsisteem. Dit lei tot lae energievlakke, uitbranding, stres, hartkwale, kroniese pyn. Kroniese pyn kan die brein laat krimp! Navorsing wys ook dat 74-90% van siektes stresverwant is. EI is nie net nodig vir die gesonde welwese van die mens nie, vir die gesinslewe, maar ook vir die pastoraat!
Die goeie nuus is dat die pastor sy emosies kan beheer,  nie alleen vir ‘n gelukkiger lewe nie, maar ook vir ‘n meer suksesvolle pastoraat!

Inhoud:
Wat is Emosionele Intelligensie (EI)?
EI bepaal die sukses van ‘n predikant en nie sy IK nie

  • Persoonlike beheer/vaardigheid (Vermoë om te selfbestuur/-beheer te bepaal)
  • Innovering (Vermoë om kreatiewe potensiaal te gebruik)
  • Kommunikasie (Vermoë om te bepaal hoe om met ander te kommunikeer)
  • Span-leierskap (Vermoë om ander te lei en te inspireer)

Uitkomste:

  • Verstaan hoe emosionele intelligensie daaglikse geluk beïnvloed en hoe om emosies te beheer;
  • Tegnieke om ontslae te raak van negatiwiteit, woede, minderwaardigheid en selfs depressie;
  • Tegniek om stresvlakke binne twee minute te verminder wat tot ‘n gesonder lewe sal lei en bloeddruk kan verlaag;
  • Verhoog positiewe hormone in die liggaam vir ‘n gesonder en gelukkiger lewe;
  • Verstaan eie EI en hoe dit ‘n goeie gesinslewe kan bevorder;
  • Hoe kommunikeer ons op ‘n emosionele intelligente wyse met mekaar;
  • Tegnieke vir ‘n innoverende gemeente;
  • Word ‘n Emosionele Intelligente leier;
  • Verstaan eie persoonlikheidsprofiel beter