{ARGIEF}

VBO Kursus 5-7 Mei 2009

 

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

  

Rentmeesterskap en Bybelse offervaardigheid (VBO 11)

Aanbieders:  Francois Cillié en Monty Sahd
Datum:   5 – 7 Mei 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:  Rentmeesterskap is ‘n om¬vattende saak wat die hele lewe omvat. Dit sluit ons besittings in. Een van die Bybel se belangrikste temas is die regte gebruik van geld en goed. Ons is bestuurders van alles wat die Here aan ons toevertrou het. Hierdie aanbieding wil help om die Bybelse waarhede so te internaliseer dat dit prakties in ‘n gemeente toegepas kan word.
Die doel van die kursus is om ‘n kultuur van Bybelse Rentmeesterskap in ‘n gemeente te help vestig.

Inhoud:

  • Hoe dink ons self oor geld en goed in die Lig van die Woord?
  • Hoe kan ons lidmate “welvaart” oor¬leef?
  • Hoe kan effektiewe Bybelse Dankoffer-stelsels toegepas word.
  • Sinvolle kommunikasie oor Offervaar¬digheid.
  • Riglyne vir ‘n jaarlikse Dankoffer-verbintenis.

Uitkomste:  ‘n Nuwe verstaan van wat die Bybel oor Rentmeesterskap en Offervaardig¬heid leer en hoe om ‘n kultuur van Rent¬meesterskap in die gemeente te help vestig.
Praktiese vaardighede om dit in ‘n gemeente te leer en toe te pas.

Laai inskrywingsvorm hier af