{ARGIEF}

Positiewe Ouerskap

[VBO 1.1]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 23 Februarie 2011

Aanbieders:    Gielie Loubser & Jan van Zyl
Datum:    8 – 10 Maart 2011 & 18– 20 Okt
Plek:    Stellenbosch

Koste:  
R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R630 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap
R600 ander belangstellendes


Tema en doel:  Die doel van die kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap. Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ‘n veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.  Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem.  In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid.  Die einddoel is ‘n plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is.  Hierdie kursus word spesifiek so ingerig dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ‘n tydperk van ‘n kwartaal gaan inoefen het.  In ‘n opvolgkursus in die derde kwartaal (18-20 Oktober) gaan verdere vaardighede geleer word spesifiek gemik op die aanbieding van die kursus.
Inhoud:  die vaardighede en gereedskap waarmee deelnemers toegerus word, is:
•    om die belangrikheid van kwaliteit tyd te besef;
•    Hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister;
•    Positiewe geloofwaardige terugvoer;
•    Ek-boodskappe;
•    Dissipline
•    Hoe om ‘n huisvergadering in te rig
Die bou van verhoudings speel ‘n belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan.

Uitkomste:  Deelnemers word toegerus met vaardighede wat hulle in staat stel om die positiewe deelnemende ouerskap-vaardighede in hulle eie lewe te gaan toepas.