{ARGIEF}

 Verwonderd Luister: Deel 1
Eerste treë in die rigting van ‘n Narratiewe benadering tot Pastoraat

[VBO 2.1]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 23 Februarie 2011

Aanbieder:    Deon Bruwer
Datum:    8 – 10 Maart 2011
Plek: 
   Stellenbosch
Koste:

R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R630 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap
R600 ander belangstellendes

 Tema:  Verwonderd Luister: Eerste treë tot  die gebruik van die Beginsels en Praktyke van Narratiewe Terapie in Pastorale Terapie en Onderlinge Sorg.

Doel:  Die sentrale tema en doel van die kursus is om die beginsels van Narratiewe Terapie te verduidelik, te bestudeer en vir die Pastoraat te vertaal. Daar sal dus gepoog word om die basiese filosofie van Narratiewe Terapie só oor te dra dat dit in die gemeentelike bedieningspraktyk neerslag kan vind. Daar sal gepoog word om kursusgangers só aan die teorieë en praktyke van Narratiewe Terapie bloot te stel dat hulle dit aan die hand van hulle eie lewensverhale in hulle Pastorale bediening kan integreer.
Die kursus is gerig op ‘n eerste ontmoeting met die beginsels en praktyke van Narratiewe Terapie. Persone wat ‘n behoefte het om hulle kennis en idees van Narratiewe Terapie weer te besoek en in te oefen, kan ook die kursus bywoon.

Inhoud
1.    Die basisteorie van Narratiewe Terapie

  • Die Epistemologiese posisie van die pastor
  • Pastoraat in ‘n post-moderne tyd
  • Sosiaal konstruktivisme en pastoraat
  • Die rol van diskoerse in die kerk en die lewens van lidmate

2.    Om nuut te luister

  • ‘n Posisie van nie weet nie
  • Verwonderd luister

3.    Die tegniek van Narratiewe vraagstelling

  • Eksternalisering van probleme

4.    Daar sal van “Outsider Witness work” gebruik gemaak word

5.    Spiritualiteit, Godsbeeld en roeping teen die agtergrond van lewensverhale

Uitkomste
‘n Verstaan van Narratiewe Terapie wat uitloop op ‘n unieke strategie oor hoe om dit in die gemeentelike pastoraat en ander gemeenskappe toe te pas.