{ARGIEF}

Die MTh : Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie moet beskou word as ’n geloofsonderskeidingsreis waar die Drie-enige God se roeping opnuut ontdek word vir jouself as geestelike leier, vir die gemeente waarin jy staan en vir die gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer. Die reis beoog om die bedieningsproblematiek van gevestigde kerke aan te spreek deur opnuut te besin oor die bestaande programme wat gevolg word. Entrepreneur-kerkleiers uit bepaalde kerkgenootskappe is nodig om binne die akademiese dissipline met hierdie problematiek te worstel. Die uitkoms daarvan moet realiseer in die transformasie van ̓n Christendom-institutêre model van kerkwees tot ̓n dinamiese missionale model, oftewel van ̓n selfgesentreerde tot ̓n ander-se-nood-gefokusde bedieningswyse … Volledige artikel