{ARGIEF}

Geloofsvormende Reis vir Predikante(VBO 20)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Inskrywingsvorm vir 19-21 Okt 2009

 

Aanbieders:  Verskeie aanbieders oor die tydperk van drie jaar
Datum:  19-21 Oktober 2009 Stellenbosch
Plek:  Kleinmond

Hierdie is ‘n opvolg van die Geloofsvormingkursus wat Maartmaand op Kleinmond aangebied is. Ons sal later meer besonderhede stuur. Die kursus VBO 20, oor Dissipelskap word nou in hierdie nuwe poort-kursus ingewerk en word nou genoem  ‘n Geloofsvormende reis vir predikante. (Kyk by Communitas  by die  Geloofsvormings Blog) Daar is reeds met ‘n Emosioneel gesonde spiritualiteit begin. Dit  word nou opgevolg en die boek van Scazzero word verder bespreek. Begeleiers: Gys van Schoor, dr George Roux en Peet Bester.

Drie-jaar program soos volg:

Ons het ‘n reis van geloofsvorming ontwikkel en nooi ons predikante om daaraan deel te neem. Ons sien dit op  hierdie stadium as ‘n 3 jaarproses.  Die reis verloop in drie fases, wat elk uit drie byeenkomste per jaar bestaan, vir ‘n totaal van 9 byeenkomste oor ‘n driejaar periode.

Dominees kan op enige stadium van die reis aansluit, of die reis verlaat, of die reis uitstel.

Dit lyk op hierdie stadium so: 

JAAR 1: Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit (Maart reeds op Kleinmond aangebied)

Byeenkoms 1.1:  Kontoere van emosioneel gesonde spiritualiteit

Byeenkoms 1.2  Groei in jou persoonlike identiteit in Christus

Byeenkoms 1.3  Reis van selfontdekking: bekering van die hart (Enneagram)

JAAR 2: Om met Jesus te leer leef

Byeenkoms 2.1  Retreat: “Kom luister na wat Ek jou oor die lewe wil leer”

Byeenkoms 2.2  Teologiese kontoere: Om vandag saam met Jesus (die Here) in die koninkryk te lewe. 

Byeenkoms 2.3  Vernuwing van die hart (Dallas Willard).

 JAAR 3:  Christelike praktyke

Byeenkomste 3.1, 3.2 en 3.3 handel oor ‘n seleksie van drie Christelike praktyke per byeenkoms wat deur die eeue deur christene beoefen is

 Ons is seker dat van hierdie inhoud sal verander soos wat ons die pad saam begin loop.