{ARGIEF}

VBO Kursus

15-17 April 2009

 

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

 
Hoe om lidmate te help om hulle bediening in die gemeente te ontdek (VBO 12)

Aanbieders:   Hannes Koornhof, Johan van der Merwe en Frederick Marais
Datum:  15-17 April 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:
“The minister cannot do the ministry; what he or she can do is block the ministry.” Dié stelling van Pat Keifert verwoord die uitgangspunte van hierdie kursus baie goed. Die doel is ‘n ander verstaan van die rol van sowel die dominee as die lidmaat in die gemeente sodat die bediening van die gemeente al meer teruggegee kan word aan die lidmate. Dit vind eers suksesvol plaas wanneer lidmate nie die proses verstaan as iets waarmee hulle “die dominee help om sy/haar werk te doen nie”, maar eerder vervulling vind in die ontdekking en leef van hulle eie roeping en bediening.
Inhoud
Sake wat hanteer word is oa: ‘n denkskuif by die predikant oor sy/haar rol in die gemeente; die polariteit van die lidmaat en predikant se bediening; die verband tussen die “kultuur” in ‘n gemeente en die mate waarin ‘n mens dit sal regkry om lidmate deel te maak van die bediening van die gemeente. Die konteks van dit alles is ‘n nuwe verstaan van die gestuurde roeping van die gemeente.
 
Uitkomste
‘n Ander verstaan van die rol van sowel die predikant as lidmaat in die  bediening van die gemeente.
Opgewondenheid oor wat dit vir die totale bediening in en deur die gemeente kan beteken wanneer sowel lidmaat as predikant anders begin dink oor hulle roeping en bediening.
Dat kursusgangers sal huistoe gaan met kennis van prosesse en “instrumente” wat ‘n mens kan help om in ‘n gemeente prakties op hierdie pad te vorder.

 Inskrywingsvorm