{ARGIEF}

Hoe om gemeentes betrokke te kry by diens aan die gemeenskap (VBO 19)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af  

Aanbieders:  Jurgens Hendriks en Averell Rust
Datum:  13–15 Okt 2009
Plek:  Toringkerk, Paarl

Tye:
Dinsdag 13 Okt:  10:00 – 16:00
Woensdag 14 Okt:  09:00 – 16:00
Donderdag 15 Okt:  09:00 – 13:00

Tema en doel:  Die roeping en die betrokkenheid van gemeentes in die identifisering en aanspreek van die nood in gemeenskappe as ʼn ontdekkingsproses van wat ʼn missionale kerk in sy diepste wese is.

Inhoud:  Gemeentes leer die meeste by ander gemeentes: ons luister dus na die stories van mense uit gemeentes wat by projekte betrokke is. Ons besin oor die aard en omvang van armoede en nood in die land en in die wêreld. Ons lees saam die Bybel en luister. Ons leer oor die teorie en praktyk van Gemeenskapsont¬wikkeling en ons werk saam om projekte te identifiseer en te beplan.

Uitkomste:

  • Gemotiveer deur stories van hoop 
  • Versterk deur die gemeenskap van gelowiges wat na die Woord geluister het
  • Bemagtig met kennis van Gemeen¬skapontwikkeling
  • Gereed om met ʼn projekplan betrokke te raak

Lidmate is baie welkom om die kursus by te woon.