{ARGIEF}

Kom berei saam voor vir Pinkster 2009

In aansluiting by die Calvyn 500-vierings (Calvyn is 1509 gebore) gaan vanjaar se Pinksterreeks fokus op hoe Calvyn vir ons die Bybelse getuienis oor die werk van die Gees verduidelik en ontvou het.
Die Vrystaatse kerk onder leiding van Gideon van der Watt is verantwoordelik vir die opstel van die reeks.  Hulle het reeds tien temas gekies waaroor daar studies uitgewerk sal word wat – so hoop ons – eersdaags beskikbaar gemaak sal word.
Communitas het besluit om – soos verlede jaar – `n driedaagse Pinkstervoorbereidingsretreat te reël.  Die gedagte is dat ons vir die drie dae byeenkom op Stellenbosch en saam praat, bid en verder voorberei aan die boodskappe. Coenie Burger en Dirkie Smit sal deel wees van die sessie en insette oor die temas maak.
 
Ons begin Dinsdag 5 Mei om 10:00 en maak klaar op Donderdag 7 Mei om  13:00.  Die kursus is deel van die VBO-aanbod en dieselfde reelings geld hier as wat geld vir ander VBO-kursusse.
  
Kontak vir Coenie by
cwbu@sun.ac.za of vir Chrisna by cmer@sun.ac.za of skakel by 021-808 3624

Laai inskrywingsvorm hier af.