{ARGIEF}

Kultuurtransformasie van gemeentes (VBO 18) 

 Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za 

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieder:  Frederick Marais en Leon Venter

Datum:  13 – 15 Oktober
Plek:  Stellenbosch

Die eerste aanbieding is deur 23 predikante en gemeenteleiers bygewoon.

Hier volg die Voorwoord en doelstellings van die kursus soos aangebied

CULTURE EATS STRATEGY FOR BREAKFAST”

Definition of madness:
“Keep on doing the same things in the same way as before and keep on expecting different results.”

“It is difficult to establish new habits, particularly at the executive level.”

“In an organisation led by influence, people are moved and convinced when they see a group at the top truly sharing a vision and strategy and modelling it in their behaviour. When they don’t see that commitment and congruency, their confidence and commitment will be less.”

 
Voorwoord

Die kursus en materiaal is bedoel om ‘n stuk perspektief te bring op kultuur, kultuur-transformasie en die rol van leierskap in die gemeente. Dit is slegs ‘n inleiding en nie bedoel om omvattend of volledig te wees rondom kultuur-transormasie nie.
Daar is ‘n aantal artikels ingesluit wat sekere sleutelkonsepte, teorieë en beginsels verduidelik. Dit is slegs ‘n inleiding in jou persoonlike reis om jou eie leierskapstyl te verstaan en bewus te word van hoe jy reeds besig is om kultuur, te skep, uit te daag, of te transformeer.  Die kursus is gerig op bewusmaking en is inleidend.
Die werkboek is saamgestel as ‘n reeks oefeninge wat opeenvolg. Daar word in die oefeninge na van die artikels verwys wat gebruik kan word vir toeligting. Die gedagte is dat jy die werkboek sal gebruik om jou insigte en idees neer te skryf om jou te help om later ‘n strategie en aksieplan te ontwikkel oor hoe om kultuur-transformasie strategies aan te pak in jou gemeente.

• Hou in gedagte dat die werkboek nie ’n alleenstaande werk is nie, maar ‘n werkboek vir die kursus.

Ons vertrou dat jy die kursus sal geniet en dat dit sinvol en van waarde vir jou rol as kultuur-transformasie leier sal wees.
Die doel van die kursus is om ‘n sensitiwiteit te ontwikkel vir die rol wat geestelike leiers en predikante speel om kultuur te skep in gemeentes. Die kursus wys op die vaardighede, houdings en kennis wat die geestelike leiers moet bemeester indien hulle daarin wil slaag om ‘n doelbewuste en volhoubare transformasie skuif in hul gemeente te bewerkstellig.

Die werklikheid is dat die kultuur wat ons tans in ons gemeentes het, deur geestelike leiers self geskep is. Vir ons wat reeds lank in ons gemeente is, is die verdere waarheid dat ons self daardie kultuur geskep het en steeds onderhou! Ons kan nie die vinger wys na iemand ander as onsself nie!

Ons skep kultuur deur wie ons is en wat ons week na week, maand na maand, jaar na jaar voortgaan om te doen in die gemeente.

Die “ongemak” met kultuur-transformasie is dat die probleem dus nie buite onsself lê nie, maar binne onsself. Dit is uiters moeilik om raak te sien. Dit is makliker om ander mense se manier van dink en doen (kultuur) te sien en te kritiseer as ons eie.

Die kursus bestaan uit ‘n reeks oefeninge/opdragte wat ten doel het dat kursusgangers sy/haar eie kennis en ervaring sal gebruik as basis vir gesprek oor kultuur transformasie in die gemeente en dus groei in selfbewussyn.

Die kursus is persoonlik en uitdagend en stel die volgende vrae:

• Is jy bereid om ‘n lerende, kultuur transformerende leier te wees?
• Is jy bereid om jou gemeente-mense te vertrou om saam met jou te gaan op hierdie kultuur-transformasie reis?
• Is jy bereid om persoonlik te verander asook die wyse waarop jy geestelike leier is sodat mense op jou menswees en leierskap kan modelleer in die reis?
• Is jy bereid om die wyse waarop jy jou byeenkomste en vergaderings en leierskap uitgeoefen het tot nou, te verander sodat jou gemeente-lede tyd kan kry om te reflekteer en saam met jou te leer in die reis?
• Is jy bereid om moeilike vrae te vra, veral aan jouself te bly vra en openlik en eerlik in dialoog met jou gemeente-mense te gaan?

Alle suksesvolle organisasies ontwikkel ‘n sekere soort bestuurder oor ‘n periode. So het die NG en VG kerke ‘n spesfieke soort predikant ontwikkel, ‘n spesifieke soort kweekskool, sinode, vergaderings, ‘n spesifieke soort ouderling, diaken, orrelis, skriba, dominee vrou, ensovoorts. Dit is ons kultuur. Dit is hoe ons dinge doen.

Wanneer transformasie nodig word, kan die bestuurder (kultuurproduk) dit gewoonlik nie doen nie. Daarom bring groot besighede gewoonlik ‘n nuwe uitvoerende hoof van buite in om kultuur-transformasie teweeg te bring.

Ons het nie die luukse nie. Ons moet kultuur-transformasie aanpak met die mense wat ons het, met die leiers wat deur ons kultuur geskep is. Daarom is die uitdaging so moeilik en intensief vir ons. Ons moet onsself transformeer!

Leon Venter en Frederick Marais
(Kursusaanbieders)