{ARGIEF}

Die Lewenstransformerende Reeks  – ’n Reis in geloofsvorming

Die Lewenstransformerende Reeks is ’n interaktiewe proses wat gelowiges begelei tot die vorming van egte Christen gemeenskap, en doelbewus tyd en ruimte skep vir die werking van die Gees om die karakter van Christus in die lewe van gelowiges te vorm. Die proses behels die transformasie van die hele persoon i.t.v. gedagtes, gedrag en wyse van interaksie met God en andere. Die proses is bedoel om uit te loop op ’n lewe van diens aan andere en getuienis vir Jesus Christus. Johan Kotze is die skrywer hiervan wat tans in ‘n hele aantal gemeentes uitgetoets word.  Indien julle gemeente belangstel om deel te neem hieraan kontak Johan gerus by jkotze@kingsley.co.za of Divine by 021-8083265 of dr@sun.ac.za Die bestelvorm kan hier afgelaai word