{ARGIEF}

 ’n Nuwe tyd vra baie nuwe dinge, maar wat van

Ouerskap?

  • Hoe hanteer jy selfoon en internet gebruik in ’n nuwe generasie?
  • Hoe beskerm jy jou kinders teen al die invloede in ’n tyd waar hulle toegang tot alles het?
  • Hoe gee jy nie net vir jou kinders goeie waardes nie, maar ook die vaardighede om die waardes toe te pas en uit te leef?
Ouerskap2
Kom skryf in vir die Ouerskap-kursus wat op 2-4 September by Communitas aangebied word as jy antwoorde op hierdie vrae wil hê.
Padlangs Ouerskap: ‘n VBO-kursus  wat só ingerig word dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ʼn tydperk van ʼn kwartaal gaan inoefen het – aangebied deur Gielie Loubser & Jan van Zyl

Hierdie 7 module-kursus het die potensiaal om jou te help om net een keer met jou kinders te praat, minder bakleiery te hê; beter kommunikasie te hê ( ook met tieners) en ja, ook vir die huwelik te help! Meer as 1000 egpare is die afgelope 3 jaar deur die kursus, en die getuienis is oorweldigend.

Die doel van hierdie kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap.

  • Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ʼn veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
  • Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid.
  • Die einddoel is ʼn plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is.

Vaardighede en gereedskap wat deelnemers ontvang:

  • om die belangrikheid van kwaliteit-tyd te besef;
  • hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie-vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister;
  • positiewe geloofwaardige terugvoer;
  • nie-bedreigende kommunikasie;
  • ek-boodskappe;
  • dissipline en
  • hoe om ʼn huisvergadering in te rig.
Die bou van verhoudings speel ʼn belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan.
Na afloop van hierdie kursus sal jy die oor vaardighede beskik wat jou in staat sal stel om die positiewe deelnemende ouerskap-vaardighede in jou eie lewe te gaan toepas.
Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO 23 Padlangs Ouerskap of kontak Wilma